Suid-Afrika by die Olimpiese Spele

Suid-Afrika is een van die lande wat aan die Olimpiese Spele deelneem. Suid-Afrika stuur vir die eerste keer 'n span na die Somerspele van 1904. 56 jaar later, in 1960, stuur hulle hul eerste span na die Winterspele.[1]

Die Suid-Afrikaners Len Tau (links) en Jan Mashiani tydens die Olimpiese Somerspele 1904 in St. Louis
Die Suid-Afrikaanse Rudolph Lewis tydens die Olimpiese Somerspele 1912 in Stockholm
Die Suid-Afrikaner Bevil Rudd tydens die Olimpiese Somerspele 1920 in Antwerpen
Die Suid-Afrikaner Marjorie Clark tydens die Olimpiese Somerspele 1928 in Los Angeles
Die Suid-Afrikaner Esther Brand tydens die Olimpiese Somerspele 1952 Helsinki
Die Suid-Afrikaner Gordon Day tydens die Olimpiese Somerspele 1960 in Rome
Die Suid-Afrikaanse vlag tydens die Olimpiese Somerspele 1992 in Barcelona
Die Suid-Afrikaanse vlag tydens die Olimpiese Winterspele 1994 in Lillehammer
Die Suid-Afrikaanse hokkiespan tydens die Olimpiese Somerspele 2008 in Beijing
Die Suid-Afrikaanse span tydens die openingseremonie van die Olimpiese Winterspele 2010 in Toronto
Wayde van Niekerk as Suid-Afrika se vlagdraer tydens die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro

In 2024 neem Suid-Afrika vir die 21ste keer aan die Somerspele deel, terwyl hulle nog net aan 7 Winterspele deelgeneem het. Die land het nog nooit 'n medalje op 'n Winterspele gewen nie. In totaal het Suid-Afrika al 89 medaljes verower, waarvan die meeste in atletiek, boks en swem.

Medaljes by die Somerspele

wysig
 Plek  Land  Deelnemers   Goud   Silwer   Brons Totaal
St. Louis 1904   Suid-Afrika 8 0 0 0 0
Londen 1908 14 1 1 0 2
Stockholm 1912   Suid-Afrika 21 4 2 0 6
Antwerpen 1920 39 3 4 3 10
Parys 1924 30 1 1 1 3
Amsterdam 1928   Suid-Afrika 24 1 0 2 3
Los Angeles 1932 12 2 0 3 5
Berlyn 1936 32 0 1 0 1
Londen 1948 35 2 1 1 4
Helsinki 1952 64 2 4 4 10
Melbourne 1956 50 0 0 4 4
Rome 1960 55 0 1 2 3
Tokio 1964 nie deelgeneem nie, opgeskort weens Apartheid
Meksikostad 1968
München 1972
Montreal 1976
Moskou 1980
Los Angeles 1984
Seoul 1988
Barcelona 1992   Suid-Afrika 93 0 2 0 2
Atlanta 1996 84 3 1 1 5
Sydney 2000 127 0 2 3 5
Athene 2004 106 1 3 2 6
Beijing 2008 136 0 1 0 1
Londen 2012 125 4 1 1 6
Rio de Janeiro 2016 138 2 6 2 10
Tokio 2020 177 1 2 0 3
Parys 2024 toekomstige gebeurtenis
Los Angeles 2028
Brisbane 2032
Algeheel 1370 27 33 29 89

Medaljes volgens sport

wysig
 Plek  Land  Deelnemers   Goud   Silwer   Brons Totaal
Atletiek   Suid-Afrika 239 9 13 6 28
Swem   Suid-Afrika 124 7 7 6 20
Boks   Suid-Afrika 75 6 4 9 19
Tennis   Suid-Afrika 34 3 2 1 6
Fietsry   Suid-Afrika 76 1 4 3 8
Roei   Suid-Afrika 73 1 1 1 3
Skyfskiet   Suid-Afrika 41 0 1 0 1
Branderplankry   Suid-Afrika 1 0 1 0 1
Kanovaart   Suid-Afrika 34 0 0 1 1
Rugby   Suid-Afrika 25 0 0 1 1
Driekamp   Suid-Afrika 17 0 0 1 1
Algeheel 1370 27 33 29 89

Goue Medaljes

wysig

Tot in 1960, toe Suid-Afrika voor sy verbanning weens Apartheid vir die laaste keer aan Olimpiese Spele deelgeneem het, het sestien Springboksportsterre in vyf sportsoorte goue medaljes gewen. Sedert Suid-Afrika se hertoelating in 1992 het etlike verdere goue medaljes gevolg

Sport Land Goue Medalje Spele en plek
  Atletiek   Suid-Afrika Reginald Walker Olimpiese Somerspele 1908Londen, Verenigde Koninkryk
  Suid-Afrika Kenneth McArthur Olimpiese Somerspele 1912Stockholm, Swede
  Suid-Afrika Bevil Rudd Olimpiese Somerspele 1920Antwerpen, België
  Suid-Afrika Syd Atkinson Olimpiese Somerspele 1928Amsterdam, Nederland
  Suid-Afrika Esther Brand Olimpiese Somerspele 1952Helsinki, Finland
  Suid-Afrika Wayde van Niekerk Olimpiese Somerspele 2016Rio de Janeiro, Brasilië
  Suid-Afrika Caster Semenya Olimpiese Somerspele 2016Rio de Janeiro, Brasilië
  Boks   Suid-Afrika Clarence Walker Olimpiese Somerspele 1920Antwerpen, België
  Suid-Afrika Willie Smith Olimpiese Somerspele 1924Parys, Frankryk
  Suid-Afrika Laurie Stevens Olimpiese Somerspele 1932Los Angeles, Verenigde State
  Suid-Afrika Dave Carstens Olimpiese Somerspele 1932Los Angeles, Verenigde State
  Suid-Afrika Gerald Dreyer Olimpiese Somerspele 1948Londen, Verenigde Koninkryk
  Suid-Afrika George Hunter Olimpiese Somerspele 1948Londen, Verenigde Koninkryk
  Fietsry   Suid-Afrika Rudolph Lewis Olimpiese Somerspele 1912Stockholm, Swede
  Roei   Suid-Afrika Matthew Brittain, Sizwe Ndlovu, John Smith en James Thompson Olimpiese Somerspele 2012Londen, Verenigde Koninkryk
  Swem   Suid-Afrika Joan Harrison Olimpiese Somerspele 1952Helsinki, Finland
  Suid-Afrika Penny Heyns Olimpiese Somerspele 1996Atlanta, Verenigde State
  Suid-Afrika Ryk Neethling, Roland Schoeman, Lyndon Ferns en Darian Townsend Olimpiese Somerspele 2004Athene, Griekeland
  Suid-Afrika Cameron van der Burgh Olimpiese Somerspele 2012Londen, Verenigde Koninkryk
  Suid-Afrika Chad le Clos Olimpiese Somerspele 2012Londen, Verenigde Koninkryk
  Suid-Afrika Tatjana Schoenmaker Olimpiese Somerspele 2020Tokio, Japan
  Tennis   Suid-Afrika Charles Winslow Olimpiese Somerspele 1912Stockholm, Swede
  Suid-Afrika H. A. Kitson Olimpiese Somerspele 1912Stockholm, Swede
  Suid-Afrika Louis Raymond Olimpiese Somerspele 1920Antwerpen, België

Olimpiese roem

wysig

Reggie Walker het Suid-Afrika se Olimpiese deelname op 'n glorieryke manier ingewy deur die 100 m te wen. Dit was 'n nuwe Olimpiese rekord toe hy die wenpaal na 10,8 s bereik het. Vir die eerste keer is die belangrike Olimpiese naelloop deur 'n atleet van buite die Verenigde State van Amerika gewen. Ook was dit die eerste keer dat 'n Olimpiese goue medalje teen 'n Springbokwapen gepryk het.

Kenneth McArthur het ook 'n nuwe Olimpiese rekord in die maraton opgestel. Die konstabel van Krugersdorp het die goue medalje voor sy spanmaat Christopher Gitsham, 'n mynwerker van Germiston ingepalm. Dit was 'n trotse dag vir Suid-Afrika met 1ste en 2de plek in die item.

Bevil Rudd het by die Olimpiese Somerspele van 1920 in Antwerpen drie medaljes verwerf. Sy uitsonderlike driekuns het goud in die 400 m naelloop, silwer in die 4 x 400m-aflos en ' n brons in die 800 m ingesluit.

Esther Brand se Olimpiese oorwinning is een van die grootste vertonings ooit deur 'n Suid-Afrikaanse sportvrou. Sy het Suid-Afrika se goue medalje-verhaal op 'n hoë noot afgesluit voor wêreldpolitiek die land se deelname beperk het aan die Olimpiese Spele van 1964 tot 1988. Daar was nie 'n goue medalje wenner in 1960 in Rome, by Suid-Afrika se laaste Olimpiese deelname tot 1992 nie.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. (en) Lappe Laubscher (23 Augustus 2017). "South Africa and the Olympic Games". South African History Online. Besoek op 11 Februarie 2019.

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig