Larry Tesler
Lawrence Gordon Tesler (24 April 1945 - 16 Februarie 2020) was 'n Amerikaanse rekenaarwetenskaplike wat op die gebied van mens-rekenaar-interaksie gewerk het. Tesler het by Xerox Palo Alto Research Center (PARC), Apple, Amazon.com en Yahoo! gewerk.
Larry Tesler | |
---|---|
Tesler in 2007 | |
Gebore | Lawrence Gordon Tesler 24 April 1945 |
Sterf | 16 Februarie 2020 (op 74) |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Rekenaarwetenskaplike werk by Xerox PARC, Apple, Amazon, en Yahoo! |
Bekend vir | Werk op mens-rekenaar-interaksie; Ontwikkel die sny, kopiëring en plak funksionaliteit |
Webwerf | www |
Terwyl hy by PARC was, het Tesler se werk ingesluit Smalltalk, die eerste dinamiese objekgeoriënteerde programmeringstaal, en Gypsy, die eerste woordverwerker met 'n grafiese gebruikerskoppelvlak vir die Xerox Alto. Gedurende die tyd het Tesler, saam met kollega Tim Mott, die idee ontwikkel vir die sny, kopiëring en plak funksionaliteit[1] en die idee van moduslose sagteware. Terwyl hy by Apple was, het Tesler aan die Apple Lisa en die Apple Newton gewerk, en het hy help om Object Pascal[1][2] en die gebruik daarvan te ontwikkel in toepassingsprogrammeringstelle, insluitend MacApp.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Perry, Tekla S. (1 Augustus 2005). "Of Modes and Men". IEEE Spectrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2020. Besoek op 19 Februarie 2020.
- ↑ Tesler, Larry (Julie–Augustus 2012). "A Personal History of Modeless Text Editing and Cut/Copy-Paste". Interactions. 19 (4): 70–75. doi:10.1145/2212877.2212896.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Larry Tesler.
- Larry Tesler se Tuisblad
- Publikasies deur Larry Tesler van Interaction-Design.org
- Computer History Museum, Larry Tesler Oral History Interview
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.