Lee Teng-hui
Lee Teng-hui (Chinees: 李登輝; 15 Januarie 1923 - 30 Julie 2020) was 'n Taiwanese politikus en ekonoom wat die vierde president van die Republiek China (Taiwan) sedert die Grondwet van 1947 aanvaar is. Hy was ook die voorsitter van die Kuomintang (KMT) vanaf 1988 tot 2000. Lee was die eerste president van die Republiek van China wat in Taiwan gebore is en ook die eerste wat direk verkies is. Lee het tydens sy presidentskap toesig gehou oor die beëindiging van krygswetgewing en die volle demokratisering van die Republiek China, Taiwanese nasionalisme bepleit en 'n ambisieuse buitelandse beleid gelei om bondgenote regoor die wêreld te bekom.
Lee Tenghui 李登辉 | |
President van die Republiek China
| |
Ampstermyn 1988 – 20 Mei 2000 | |
Vise | Lee Yuantsu,Lien Chan |
---|---|
Eerste minister | Yu Kuohua,Lee Huan,Hau Peitsun,Lien Chan,Vincent Shew |
Voorafgegaan deur | Chiang Ching-kuo |
Opgevolg deur | Chen Shui-bian |
Voorsitter van die KMT
| |
Ampstermyn 1988 – 2000 | |
Voorafgegaan deur | Chiang Chingkuo |
Opgevolg deur | Lien Chan |
Burgemeester van Taipei
| |
Ampstermyn 1978 – 1981 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 1923 Taipei,Republiek China |
Sterf | 2020 |
Politieke party | KMT(1971-2000) |
Eggenoot/-note | Tseng Wenhui |
Na sy ampstyd was Lee bekend daarvoor dat hy baie omstrede politieke menings uitgespreek het wat nie tydens sy presidentskap openbare kennis was nie. Lee is ook uit die KMT geskors vanweë sy rol in die stigting van die Taiwanese Solidariteit-unie (TSU), wat deel vorm van die Pan-Groen Koalisie saam met die Demokratiese Progressiewe Party van Taiwan. Lee word beskou as die 'geestelike leier' van die TSU.[1] en het lede vir die party gewerf.[2] Met die bynaam “Mr. Demokrasie”, was Lee die president wat die oorgang van Taiwan na die demokratiese era van stapel gestuur het.
Verwysings
wysig- ↑ Chen, Melody (1 Januarie 2004). "Japan's criticism of referendum has Lee outraged". Taipei Times. Besoek op 30 September 2014.
- ↑ Lin, Mei-chun (28 Desember 2001). "Lee Teng-hui seeks KMT legislators". Taipei Times. Besoek op 30 September 2014.