2020 Formule Een-seisoen
2020 FIA Formule Een Wêreldkampioenskapseisoen | |
Vorige: 2019 | Volgende: 2021 |
Indeks van wedrenne volgens land en seisoen. |
Die 2020 FIA Formule Een-seisoen was 'n wedrenreeks vir Formule Eenmotors. Dit was die 71ste bestaansjaar van Formule Een. Die seisoen sou aanvanklik uit 22 Grands Prix-wedrenne bestaan het, die meeste in een seisoen, maar is in die wiele gery weens die wêreldwye koronaviruspandemie van 2019-2020. Uiteindelik is 17 rondtes voltooi, almal in Europa en die Midde-Ooste.
Lewis Hamilton was die heersende wêreldbestuurderskampioen, en Mercedes die verdedigende wêreldkampioen vir vervaardigers nadat hulle beide hulle 7de wêreldkampioenskapstitel in 2020 verower het.
Pirelli was weereens die enigste bandverskaffer vir die 2020-seisoen.
Inskrywings
wysigDie volgende spanne en renjaers neem aan die FIA Formule 1-Wêreldkampioenskap van 2020 deel:
Span | Vervaardiger | Onderstel | Enjin | Spanhoof | Tegniese hoof | Nr. | Renjaer | Rondtes |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Alfa Romeo Resies ORLEN[1] | Alfa Romeo-Ferrari | C39 | Ferrari | Frédéric Vasseur | Jan Monchaux | 7 | Kimi Räikkönen[2] | 1-17 |
99 | Antonio Giovinazzi[3] | 1-17 | ||||||
Scuderia AlphaTauri Honda [4][5] | AlphaTauri-Honda | AT01 | Honda | Franz Tost | Jody Egginton | 10 | Pierre Gasly[6] | 1-17 |
26 | Daniil Kvyat[6] | 1-17 | ||||||
Scuderia Ferrari[7] | Ferrari | SF1000 | Ferrari | Mattia Binotto | Simone Resta | 5 | Sebastian Vettel[8] | 1-17 |
16 | Charles Leclerc[9] | 1-17 | ||||||
Haas F1-span[10] | Haas-Ferrari | VF-20 | Ferrari | Guenther Steiner | Rob Taylor | 8 | Romain Grosjean[11] | 1-15 |
20 | Kevin Magnussen[11] | 1-17 | ||||||
McLaren F1-span[12] | McLaren-Renault | MCL35 | Renault | Andreas Seidl | James Key | 4 | Lando Norris[13] | 1-17 |
55 | Carlos Sainz jr.[13] | 1-17 | ||||||
Mercedes AMG Petronas F1-span[14] | Mercedes | W11 | Mercedes | Toto Wolff | James Allison | 44 | Lewis Hamilton[15] | 1-15 |
77 | Valtteri Bottas[16] | 1-17 | ||||||
BWT Racing Point F1-span[17] | Racing Point-Mercedes | RP20 | BWT Mercedes | Otmar Szafnauer | Andrew Green | 11 | Sergio Pérez[18] | 1-4; 6-17 |
27 | Nico Hülkenberg | 4-5, 11 | ||||||
18 | Lance Stroll | 1-10, 12-17 | ||||||
Aston Martin Red Bull Resies[19] | Red Bull-Honda | RB16 | Honda[20] | Christian Horner | Pierre Waché | 23 | Alexander Albon[21] | 1-17 |
33 | Max Verstappen[22] | 1-17 | ||||||
Renault DP Wêreld F1-span[23] | Renault | R.S.20 | Renault | Cyril Abiteboul | Pat Fry (onderstel)
Rémi Taffin (enjin) |
3 | Daniel Ricciardo[24] | 1-17 |
31 | Esteban Ocon[25] | 1-17 | ||||||
Williams Resies[26] | Williams-Mercedes | FW43 | Mercedes | Simon Roberts (waarnemende hoof)
Claire Williams - Voor oorname deur Dorilton Capital |
- | 6 | Nicholas Latifi[27] | 1-17 |
63 | George Russell[28] | 1-17 | ||||||
Bronne:[29][30] |
Toetsbestuurders
wysigVolgens FIA Formule-Een regulasies (Artikel 26.1 b) mag toetsbestuurders buite die spanne se amptelike bestuurders toegelaat word om aan die eerste toetssessie deel te neem. Gedurende die seisoen het drie bestuurders as toetsbestuurders of in die vrye oefensessies deelgeneem. Jack Aitken en Roy Nissany het een en twee sessies onderskeidelik vir die Williamsspan gery. Die voormalige F1-jaer, Robert Kubica het vir Alfa Romeo by drie geleenthede bestuur. Robert Schartzmann sal gedurende die eerste oefensessie by die Aboe Dhabi Grand Prix vir Haas ry. Mick Schumacher en Callum Illot sou in die eerste oefensessie by die 2020 Eifelse Grand Prix vir Alfa Romeo en Haas bestuur het, maar het egter nie die kans gekry nie weens gure weerstoestande wat tot die aflas van die sessie gelei het.[31]
Verandering by spanne in 2020
wysigRed Bull GmbH, die eienaar van Scuderia Toro Rosso, wysig na 14 jaar die span se naam na Scuderia AlphaTauri weens borgskapredes. Die naam verteenwoordig Red Bull se modehandelsmerk.[32]
Veranderinge van bestuurders in 2020
wysig- Terugkeer na Formule 1
- Esteban Ocon: Mercedes (reserwejaer) → Renault
- Nuut in Formule 1
- Nicholas Latifi: Williams F1-reserwejaer → Williams Grand Prix Engineering[27]
- Wissel span
- Robert Kubica: Williams → Alfa Romeo (reserwejaer)
- Uit Formule 1
- Nico Hülkenberg: Renault → geen kontrak vir 2020.
Seisoenveranderinge
wysigRacing Point se Sergio Pérez is vir twee wedrenne deur Nico Hülkenberg vervang nadat hy positief getoets het vir die koronavirus voor die Britse Grand Prix. Pèrez was ook vir die 70ste Herdenking Grand Prix deur Hülkenberg vervang.
Bande
wysigPirelli is, net soos in vorige seisoene, die enigste bandverskaffer vir die 2020 seisoen.[33] Die bestuurders jaag op drie tipes bande: hard, medium en sag, wat onderskeidelik wit, geel en rooi gekleur sal word. Die samestellings wat gebruik gaan word, verskil egter per wedren. Die hardste samestelling word aangedui as 'hard' en die sagste as 'sag'.
Kalender
wysigDie aanvanklike kalender is in sy geheel gewysig weens die impak van die wêreldwye Covid-19-pandemie op alle sportbyeenkomste.[34]
Afgelas vanweë die Koronapandemie
wysigRondte | Grand Prix | Renbaan | Plek | Oorspronklike datum |
---|---|---|---|---|
1 | Australiese Grand Prix | Albert Park | Melbourne | 15 Maart |
3 | Viëtnamese Grand Prix | Hanoi-straatbaan | Hanoi | 5 April |
4 | Chinese Grand Prix | Shanghai Internasionale Renbaan | Shanghai | 19 April |
5 | Nederlandse Grand Prix | Zandvoort-renbaan | Zandvoort | 3 Mei |
7 | Monaco Grand Prix | Monaco-renbaan | Monte Carlo | 24 Mei |
8 | Azerbeidjanse Grand Prix | Bakoe-straatrenbaan | Bakoe | 7 Junie |
9 | Kanadese Grand Prix | Gilles Villeneuve-renbaan | Montreal (Quebec) | 14 Junie |
10 | Franse Grand Prix | Paul Ricard-renbaan | Le Castellet | 28 Junie |
16 | Singapoerse Grand Prix | Marinabaai Straatrenbaan | Singapoer | 20 September |
18 | Japannese Grand Prix | Suzuka Internasionale Renbaan | Suzuka | 11 Oktober |
19 | Verenigde State Grand Prix | Circuit of the Americas | Austin (Texas) | 25 Oktober |
20 | Meksikostad Grand Prix | Autódromo Hermanos Rodríguez | Meksikostad | 1 November |
21 | Brasiliaanse Grand Prix | Autódromo José Carlos Pace | São Paulo | 15 November |
Seisoenuitslae
wysigPuntestelsel
wysigPunte is op 'n glyskaal toegeken vir die eerste tien geklassifiseerde renjaers. Een punt vir die vinnigste rondte tydens die Grand Prix is ook toegeken, maar slegs as die bestuurder onder die voorste 10 klaargemaak het. Die punte vir elke wedren is soos volg toegeken:
Plek | 1ste | 2de | 3de | 4de | 5de | 6de | 7de | 8ste | 9de | 10de | Vinnigste ronde |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Punte | 25 | 18 | 15 | 12 | 10 | 8 | 6 | 4 | 2 | 1 | 1 |
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Alfa Romeo Racing". www.formula1.com (in Engels). Formule 1. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2020. Besoek op 9 Oktober 2020.
- ↑ (nl) Räikkönen keer in 2019 terug na Sauber Geargiveer 11 September 2018 op Wayback Machine
- ↑ Alfa Romeo and Antonio Giovinazzi to continue together in 2020
- ↑
(en)
"Scuderia AlphaTauri Honda". www.formula1.com (in Engels). Formule 1. Besoek op 9 Oktober 2020.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link) - ↑ (nl) Naamsverandering Toro Rosso voor 2020 seizoen is officieel
- ↑ 6,0 6,1 (nl) Officieel: Toro Rosso houdt voor 2020 vast aan Gasly en Kvyat
- ↑
(en)
"Scuderia Ferrari". www.formula1.com (in Engels). Formule 1. Besoek op 9 Oktober 2020.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link) - ↑ (nl) WK-leider Vettel verlengt contract bij Ferrari met drie jaar
- ↑ (nl) Leclerc vervangt Raikkonen bij Ferrari in 2019
- ↑
(en)
"Haas F1 Team". www.formula1.com (in Engels). Formule 1. Besoek op 9 Oktober 2020.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link) - ↑ 11,0 11,1 (nl) Bevestigd: Grosjean rijdt ook in 2020 voor Haas
- ↑
(en)
"McLaren". www.formula1.com (in Engels). Formule 1. Besoek op 9 Oktober 2020.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link) - ↑ 13,0 13,1 (nl) McLaren rijdt ook in 2020 met Sainz en Norris
- ↑
(en)
"Mercedes AMG Petronas F1 Team". www.formula1.com (in Engels). Formule 1. Besoek op 9 Oktober 2020.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link) - ↑ (nl) Hamilton tekent nieuw tweejarig contract bij Mercedes
- ↑ (nl) Officieel: Valtteri Bottas rijdt ook in 2020 voor F1-team Mercedes
- ↑
(en)
"BWT Racing Point F1 Team". www.formula1.com (in Engels). Formule 1. Besoek op 9 Oktober 2020.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link) - ↑ (nl) Pérez dolblij met langverwachte verlenging van Force India-contract
- ↑
(en)
"Aston Martin Red Bull Racing". www.formula1.com (in Engels). Formule 1. Besoek op 9 Oktober 2020.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link) - ↑ (nl) Red Bull Racing stapt over van Renault op Honda
- ↑ (nl) Red Bull Racing bevestigt teamgenoot Verstappen in 2020
- ↑ (nl) Verstappen tot 2020 bij Red Bull Racing
- ↑
(en)
"Renault DP World F1 Team". www.formula1.com (in Engels). Formule 1. Besoek op 9 Oktober 2020.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link) - ↑ (nl) Ricciardo in 2019 teamgenoot van Hülkenberg bij Renault[dooie skakel]
- ↑ Officieel: Ocon nieuwe teamgenoot Ricciardo bij Renault
- ↑
(en)
"Williams Racing". www.formula1.com (in Engels). Formule 1. Besoek op 9 Oktober 2020.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link) - ↑ 27,0 27,1 (nl) Officieel: Nicholas Latifi opvolger Kubica bij Williams
- ↑ (nl) Russell maakt in 2019 Formule 1-debuut bij Williams
- ↑ (en) "2020 FIA FORMULA ONE WORLD CHAMPIONSHIP ENTRY LIST". fia.com (in Engels). FIA. 13 Augustus 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2020. Besoek op 9 Oktober 2020.
- ↑
(en)
Formule 1. "F1 Teams 2020". www.formula1.com (in Engels). Formule 1. Besoek op 9 Oktober 2020.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link) - ↑
(en)
"Bad weather at the Nurburgring prevents any running in first practice for the Eifel GP". www.formula1.com (in Engels). Formule 1. 9 Oktober 2020. Besoek op 9 Oktober 2020.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link) - ↑
(en)
Scott Mitchell (16 Oktober 2019). "Toro Rosso's name change approved for 2020 Formula 1 season". autosport.com (in Engels). Autosport. Besoek op 9 Oktober 2020.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link) - ↑ (en) FIA confirms Pirelli as official tyre supplier for Formula One for 2017-2019
- ↑ "2020 F1 Chinese Grand Prix postponed due to novel coronavirus outbreak". www.formula1.com (in Engels). 12 Februarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2020. Besoek op 14 Februarie 2020.
- ↑ Herrero, Daniel (15 April 2020). "Belgian GP threatened by extension of ban on mass gatherings" (in Engels). Speedcafe. Besoek op 16 April 2020.
- ↑ Cleeren, Filip. "F1 News: Spa gets green light for closed-door Belgian GP in 2020". Autosport.com (in Engels). Besoek op 16 Mei 2020.
- ↑ "F1 confirms first 8 races of revised 2020 calendar, starting with Austria double header". www.formula1.com (in Engels). Besoek op 2 Junie 2020.
- ↑ "2020 FIA FORMULA ONE WORLD CHAMPIONSHIP". www.fia.com (in Engels). Besoek op 10 Oktober 2020.