Robert Kubica

Renjaer

Robert Józef Kubica (gebore 7 Desember 1984 in Krakau)[2] is 'n Poolse Formule Een-renjaer. Op 8 Junie 2008 het hy sy eerste Grand Prix op die Gilles Villeneuve-renbaan in Montréal, Kanada vir die BMW-Sauberspan gewen.

Robert Kubica
Kubica tydens die 2014 Rallye Deutschland
Kubica tydens die 2014 Rallye Deutschland
Geboortedatum 7 Desember 1984 (1984-12-07) (40 jaar oud)
Geboorteplek Krakau, Pole
Nasionaliteit Vlag van Pole Pool
Motornommer 88[1]
Inskrywings ( begin)
Kampioenskappe 0
Eerste F1-wedren 2006 Hongaarse Grand Prix
Eerste wen 2008 Kanadese Grand Prix
Laaste wen 2008 Kanadese Grand Prix
Laaste inskrywing 2021 Nederlandse Grand Prix
Laaste seisoen 2019
Verlede jaar plek 19de (1 punt)
Robert Kubica

Op 6 Februarie 2011 is Kubica ernstig beseer in 'n ongeluk tydens die Ronde di Andoratydren, waarin sy regtervoorarm gedeeltelik afgesny is.[3] Hy het vir sy persoonlike genot aan die tydren deelgeneem.[4] Kubica het die Italiaanse koerant La Gazzetta dello Sport in 'n nagtelike onderhoud meegedeel dat hy die vingers aan sy regterhand kon voel, en vasbeslote was om 'n spoedige terugkeer na Formule Een te maak in 2011.[5][6] Sedert sy herstel, het hy gesê dat 'n terugkeer na Formule Een "byna onmoontlik" was, as gevolg van sy beserings.[3][7]

Ná Kubica se teruggekeer na wedrenne in September 2012, wen hy 'n klein tydren in Italië.[8][9] Kubica is benoem as een van die "Manne van die Jaar 2012" deur Top Gear tydskrif vir sy terugkeer na motorsport. In 2013 het hy vir Citroën gejaag in die Europese en Wêreld-tydrenkampioenskap-2.[10][11] Hy het met sy eerste poging die WRC-2-titel gewen, en het daarna voltyds verskuif na die WRC kampioenskap in 2014, waar hy 'n Ford Fiesta RS WRC bestuur wat voorberei is deur M-Sport.[12]

Nadat die Alfa Romeo-renjaer Kimi Räikkönen 'n positiewe Covid-19-toetsuitslag ontvang het op 4 September by die 2021 Nederlandse Grand Prix, word hy deur Kubica as reserwejaer vervang.[13]

Verwysings

wysig
  1. "F1 2019 driver and team line-ups". motorsport.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2019. Besoek op 3 Desember 2018.
  2. https://www.fakt.pl/robert-kubica
  3. 3,0 3,1 "Robert Kubica to miss start of 2012 season". BBC Sport. BBC. 23 November 2011. Besoek op 23 November 2011.
  4. "Kubica undergoes emergency surgery after rally crash in Italy". CNN (in Engels). Turner Broadcasting System. 6 Februarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2019. Besoek op 11 Februarie 2011.
  5. "F1 ace Kubica 'much better' after rally crash in Italy". CNN (in Engels). Turner Broadcasting System. 7 Februarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 November 2018. Besoek op 11 Februarie 2011.
  6. "Formula 1 driver Kubica targets quick return". The Sydney Morning Herald. Fairfax Media. 11 Februarie 2011. Besoek op 11 Februarie 2011.
  7. "F1 return 'nearly impossible' - Kubica" (in Engels). ESPN F1. 12 November 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 12 Julie 2014.
  8. Beer, Matt. "Robert Kubica wins domestic rally on return to competition" (in Engels). Autosport. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2017. Besoek op 12 Maart 2013.
  9. "Kubica Victorious, But Physically Limited on Return" (in Engels). Crash.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2013. Besoek op 12 Maart 2013.
  10. "Robert Kubica will star in rallying, according to Petter Solberg" (in Engels). Autosport. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2017. Besoek op 12 Maart 2013.
  11. "Kosciuszko surprised at Kubica WRC decision" (in Engels). WRC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2018. Besoek op 12 Maart 2013.
  12. Beer, Matt (13 Desember 2013). "Robert Kubica commits to 2014 WRC with M-Sport". Autosport.com (in Engels). Haymarket Publications. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2017. Besoek op 13 Desember 2013.
  13. "Robert Kubica to compete in the 2021 Dutch Grand Prix". sauber-group.com (in Engels). Alfa Romeo Racing ORLEN. 4 September 2021. Besoek op 4 September 2021.