Ford Fiesta RS WRC
Die Ford Fiesta RS WRC is 'n wêreldtydrenmotor wat vir die Ford Wêreldtydrenspan gebou is deur Ford en M-Sport vir gebruik in die 2011 Wêreldtydrenseisoen. Dit is gebaseer op die Ford Fiesta padmotor, en die Ford Focus RS WRC, wat in verskeie weergawes deelgeneem het sedert 1999. Dit is ook gebou volgens die nuwe wêreldtydrenmotorregulasies vir 2011, wat gebaseer is op die bestaande Super 2000 regulasies, maar aangedryf word deur 'n Ford EcoBoost turbo-aangejaagde 1.6 liter-enjin, eerder as die normaalgeaspireerde 2 liter-enjin wat in Super 2000 motors gebruik word. M-Sport en Ford het 'n Super 2000-weergawe van die Ford Fiesta aan die begin van 2010 ontwikkel, wat deel vorm van die basis van die WRC-motor.
Jari-Matti Latvala bestuur die Ford Fiesta RS WRC by die 2011 Portugese Tydren. | |
Oorsig | |
---|---|
Kategorie | Wêreldtydrenmotor |
Vervaardiger | Ford/M-Sport |
Voorganger | Ford Focus RS WRC |
Tegniese spesifikasies | |
Onderstel | Versterkte bakwerk met 'n gesweisde veelpuntrolhok |
Lengte | 3963 mm |
Breedte | 1820 mm |
Asafstand | 2480 mm |
Enjin | Ford EcoBoost 1.6 L Viersilinder, 16-klepper turbo |
Transmissie | 6-gang sekwensiële handratkas |
Massa | 1200 kg |
Brandstof | BP |
Bande | Michelin |
Kompetisiegeskiedenis | |
Span | Ford Wêreldtydrenspan M-Sport Wêreldtydrenspan Jipocar Tsjeggiese Nasionale tydrenspan voorheen Katar Wêreldtydrenspan |
Renjaers | Nasser Al-Attiyah Ken Block Martin Prokop Robert Kubica Elfyn Evans Lorenzo Bertelli Ott Tänak |
Debuut | 2011 Sweedse Tydren |
Die renjaers Matthew Wilson en Henning Solberg van die Stobart Ford Wêreldtydrenspan het in 2010 baie van die ontwikkelingswerk aan die motor gedoen, met Per-Gunnar Andersson, M-Sport se besturende direkteur, en Ford-spandirekteur Malcolm Wilson wat ook die motor toetsbestuur het.
Tydrenoorwinnings van die Fiesta RS WRC
wysigNo. Tydren Seisoen Oppervlak Bestuurder Navigator 1 59ste Sweedse Tydren 2011 Sneeu Mikko Hirvonen Jarmo Lehtinen 2 21ste Australiese Tydren 2011 Grond Mikko Hirvonen Jarmo Lehtinen 3 67ste Walliese Tydren GB 2011 Grond Jari-Matti Latvala Miikka Anttila 4 60ste Sweedse Tydren 2012 Sneeu Jari-Matti Latvala Miikka Anttila 5 46ste Portugese Tydren 2012 Grond Mads Østberg Jonas Andersson 6 68ste Walliese Tydren GB 2012 Grond Jari-Matti Latvala Miikka Anttila