Kastilië
Kastilië is 'n grensprovinsie van Spanje wat so genoem is na gelang van die vele kastele wat daar opgerig is om die gebied teen die More te beskerm. Die gebied is in 950 deur Graaf Fernán González onafhanklik gemaak. Die gebied was die brandpunt van verskeie oorloë. In 1090 is 'n groot deel verover deur die Almoraviede, in 1195 deur die Almohade en in 1212 deur die More. Ferdinand II verower León en Andalusië in 1250. Die tydperk vanaf 1252 - 1474 is gekenmek deur verskeie burgeroorloë.
Konings wat oor Kastilië geregeer het:
- 866 - 909 Alfonso III, Die Grote
- 1072 - 1109 Alfonso VI
- 1158 - 1214 Alfonso VIII, Die Edele
- 1252 - 1284 Alfonso X, Die Geleerde
- 1312 - 1350 Alfonso XI
Na 1474 word Kastilië die sentrum van Spanje onder die leiding van Isabella toe sy haar broer, Hendrik IV opvolg.