Konstantin Tsjernenko
Algemene Sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie (1911-1985)
Konstantin Oestinowitsj Tsjernenko (Russies: Константи́н Усти́нович Черне́нко; 24 September 1911 – 10 Maart 1985) was ’n politikus van die Sowjetunie en van 13 Februarie 1984 tot met sy dood sekretaris-generaal van die land se Kommunistiese Party. Hy was toe reeds ernstig siek, nes sy voorganger, Joeri Andropof. Hy is 13 maande later oorlede sonder dat hy iets kon doen aan die haglike toestand waarin die land verkeer het. Hy is opgevolg deur Michail Gorbatsjof.
Konstantin Tsjernenko | |
Chernenko in 1982 | |
1ste Voorsitter van die Opperste Sowjet van die Sowjetunie
| |
Ampstermyn 13 Februarie 1984 – 10 Maart 1985 | |
Voorafgegaan deur | Joeri Andropof |
---|---|
Opgevolg deur | Michail Gorbatsjof |
Algemene Sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie
| |
Ampstermyn 13 Februarie 1984 – 10 Maart 1985 | |
Voorafgegaan deur | Joeri Andropof Wasili Koesnetsof (waarnemend) |
Opgevolg deur | Andrei Gromiko Wasili Koesnetsof (waarnemend) |
Volwaardige lid van die Politburo
| |
Ampstermyn 27 November 1978 – 10 Maart 1985 | |
Kandidaat-lid van die Politburo
| |
Ampstermyn 3 Oktober 1977 – 27 November 1978 | |
Lid van die Sekretariaat
| |
Ampstermyn 5 Maart 1976 – 10 Maart 1985 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 24 September 1911 Bolsjaja Tes, Jenisei-goewernoraat, Russiese Ryk |
Sterf | 10 Maart 1985 Moskou, RSFS, Sowjetunie |
Politieke party | Kommunistiese Party van die Sowjetunie |
Eggenoot/-note | Anna Ljoebimowa |
Kind(ers) | Albert Tsjernenko |
Religie | Ateïs |
Handtekening |
- Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia