John William Colenso

Biskop John William Colenso (18141883) was die eerste biskop van die Anglikaanse Kerk in Natal (1853–1883).

John William Colenso
John William Colenso by Samuel Sidley.jpg
Portret van John William Colenso deur Samuel Sidley in 1866
Gebore(1814-01-24)24 Januarie 1814
Sterf20 Junie 1883 (op 69)
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
BeroepBiskop, wiskundige, teoloog, Bybelse geleerde en sosiale aktivis
Bekend vireerste Anglikaanse biskop van Natal
Termyn1853–20 Junie 1883
VoorgangerNuwe amp
OpvolgerHamilton Baynes
EggenootSarah Frances Bunyon (vanaf 1846)
KindersHarriet Emily, Frances Ellen, Robert John, Francis "Frank" Ernest en Agnes
Ouer(s)John William Colenso (vader)

'n Verskil oor die uitleg van die Bybel lei daartoe dat hy deur die biskop van Kaapstad van sy amp onthef word. 'n Hofsaak volg en hy beroep hom uiteindelik op die Britse Privy Council, wat beslis dat die koloniale kerke nie wetlik aan die Anglikaanse Kerk in Engeland gebind is nie en daarom by gebrek aan 'n vaste reëling nie gehoorsaamheid aan mekaar kan opdwing nie.

Dit was veral op Colenso se aandrang dat Langalibalele van Robbeneiland na die vasteland vir aanhouding teruggebring is. Later het sy dogter ook as pleitbesorger vir Dinuzulu opgetree.

Eksterne skakelsWysig