Enrico Fermi (29 September 190128 November 1954) was 'n Italiaanse kernfisikus. Hy is gebore in Rome. Hy studeer aan die Universiteit van Pisa en word later aangestel as lektor in fisika by die Universiteit van Florence in 1924. In 1926 aanvaar hy 'n pos as professor by die Universiteit van Rome in Teoretiese Fisika. In 1938 word die Nobelprys vir fisika aan hom toegeken[1] en hy verhuis na die VSA en hy aanvaar 'n lektor pos by die Universiteit van Columbia. Met die aanvang van die Tweede Wêreldoorlog was hy aktief besig met atomiese energie projekte en in Februarie 1940 maak president Franklin D. Roosevelt $6000 beskikbaar vir verdere navoring. Dit was die begin van die Manhattan-projek. Aan die einde van 1941 was die projek oorgeplaas na die Universitiet van Chicago. Op 2 Desember 1942 was die eerste beheerde en selfonderhounde kettingreaksie suksesvol voltooi onder die beheer van Fermi. Dit was die eerste kernreaktor. Dit gee aanleiding tot verdere ontwikkeling en die eerste kernkrag ontploffing. Na die oorlog aanvaar Fermi 'n pos as professor van Fisika by die Universiteit van Chicago in 1946. Op 16 November 1954 ken die Amerikaanse Atoomenergie Korporasie 'n prys van $25 000 aan hom toe uit erkenning van sy werk op die gebied van kernfisika. Hy sterf op 28 November 1954 in Chicago.

Enrico Fermi
Enrico Fermi 1943-49.jpg
Enrico Fermi tussen 1943 en 1949
Gebore29 September 1901
Sterf28 November 1954 (op 53)
NasionaliteitVlag van Italië Italië (1901–54)
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (1944–54)
Alma materScuola Normale Superiore
Bekend virKern-kettingreaksie
Fermi-Dirac statistieke
Teorie van betaverval
ToekenningsMatteucci-medalje (1926)
Nobelprys vir fisika (1938)
Hughes-medalje (1942)
Medalje van Verdienste (1946)
Franklin-medalje (1947)
ForMemRS (1950)
Barnard-medalje vir voortreflike diens te Wetenskap (1950)
Rumford-prys (1953)
Max Planck-medalje (1954)
Handtekening
Enrico Fermi signature.svg

VerwysingsWysig

  1. "The Nobel Prize in Physics 1938" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2018. Besoek op 8 Oktober 2017.

BronWysig

  • Collier's Encyclopedia, Vol. 9 , bladsy 663. Crowell-Collier Educational Corporation. 1971

Eksterne skakelsWysig