Iris Murdoch
Dame Jean Iris Murdoch (Dublin, 15 Julie 1919 – Oxfordshire, 8 Februarie 1999) was 'n Engelse skrywer van romans en 'n filosoof. Voorgraads het sy klassieke kultuurgeskiedenis en filosofie aan die Universiteit van Oxford studeer. Nagraads het sy haar studies in filosofie aan die Universiteit van Cambridge voortgesit. Haar filosofiese skrywes val grootliks binne die Platoniese tradisie, terwyl haar introspektiewe romans in die tradisies van skrywers soos Dostojefski, Tolstoi, George Eliot en Marcel Proust volg.
Iris Murdoch | |
---|---|
Gebore | Jean Iris Murdoch 15 Julie 1919 |
Sterf | 8 Februarie 1999 (op 79) |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Romanskrywer filosoof |
Bekend vir | The Bell (1958) A Severed Head (1961) The Black Prince (1973) The Sacred and Profane Love Machine (1974) The Sea, the Sea (1978) The Message to the Planet (1989) |
Eggenoot | John Bayley |
Sy het die Booker-prys vir haar 1978-roman The Sea, the Sea gewen.
Murdoch was van 1956 tot en met haar dood weens Alzheimersiekte in 1999 met die romanskrywer en literêre kritikus John Bayley getroud.
A severed head (1961) en The Italian girl (1964) is ook suksesvol as toneelstukke opgevoer. Jean Iris Murdoch is op 15 Julie 1919 in Dublin gebore. Sy was in Bristol op kosskool en het aan die Universiteit van Oxford klassieke tale bestudeer.
Tydens die Tweede Wêreldoorlog het sy vir die Britse departement van finansies en later vir die Verenigde Volke gewerk. Daarna het sy in die filosofie gestudeer en in 1948'n dosent in filosofie aan Oxford geword met die eksistensialisme as haar besondere studieveld.
Haar eerste boek, die monografie Sartre, romantic rationalist (1953), het dan ook op die eksistensialiste betrekking gehad.
Haar debuut as romanskryfster het sy die volgende jaar met Under the net gemaak. Die boek was in die tradisie van die sogenaamde Angry Young Men se romans, soos Kingsley Amis se Lucky Jim (1954) en John Wain se Hurry on down (1953). Dit is 'n geestige verslag van die avonture wat 'n jong skrywer in Londen en Parys beleef. In haar tweede boek, The flight from the enchanter (1955), het Iris Murdoch se eie styl duideliker na vore getree.
Die toon is minder opgewek en die slot nie so optimisties nie. In The sandcastle (1957) word die verhouding van 'n man met sy baasspelerige vrou en 'n jong skilderes beskryf en The bell (1958) handel oor die lotgevalle van ʼn lekegemeenskap wat onder dramatiese omstandighede in duie stort. A severed head (1961) is in heelwat ligter trant.
AI die Murdoch-bestanddele soos owerspel, driehoekverhoudings, egskeiding, bloedskande en selfmoordpogings is ook hier aanwesig, maar die keer is dit in 'n geestige melodrama saamgevoeg. Die roman is ook suksesvol vir die verhoog verwerk. In al haar romans beskryf Iris Murdoch 'n groot aantal gebeurtenisse en verwikkelinge (meestal in 'n kort tydsbestek) wat uiteindelik daartoe lei dat die hoofkarakter tot groter selfkennis kom.
In haar vroeëre werke is die ervarings taamlik regstreeks aan die teser oorgedra, terwyl besprekings en teoretiese gesprekke in haar tater werke 'n groter rol speel. Filosofiese onderwerpe soos die spanning tussen goed en kwaad kom ook meer dikwels ter sprake en in 1970 het sy 'n verhandeling oor die onderwerp, The sovereignty of good, gepubliseer.
Ander romans van Iris Murdoch is onder meer: An unofficial rose (1962), The unicorn (1963), The Italian girl (1964), The red and the green (1965), The time of the angels (1966), The nice and the good (1967), Bruno's dream (1969), A fairly honourable defeat (1970), An accidental man (1971), The black prince (1 973) en The sacred and the profane love machine (1974).
Bronnelys
wysig- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409613, volume 20, bl. 16