Mont Blanc-tonnel
Die Mont Blanc-tonnel strek deur die Alpe en verbind Frankryk met Italië. Die tonnel is 11,6 km lank en het ses en 'n half jaar geneem om te voltooi, met 'n vermoë van 600 voertuie per uur in beide rigtings. Die tonnel is op 16 Julie 1965 in diens gestel.
Op 24 Maart 1999 sterf 38 mense in die tonnel toe 'n Belgiese vragmotor gelaai met meel en margarine aan die brand geslaan het in die tonnel.
Bron
wysig- On This Day. Hamlyn. 1992. ISBN 0-600-57516-0