Nikita Mazepin
Nikita Mazepin (Moskou, 2 Maart 1999) is 'n Russiese Formule Een-renjaer. Sy vader is die miljoenêr Dmitry Mazepin.
Nikita Mazepin | |
---|---|
Mazepin in 2019
| |
Geboortedatum | 2 Maart 1999 |
Geboorteplek | Moskou, Rusland |
Nasionaliteit | Rus |
Verwant aan | Dmitry Mazepin (vader) |
Motornommer | 9 |
Inskrywings | ( 0 begin) |
Kampioenskappe | 0 |
Eerste F1-wedren | 2021 Bahreinse Grand Prix |
Loopbaan
wysigFormule 3
wysigIn 2016 het Mazepin aan die FIA Formule 3 Europese Kampioenskap vir Hitech Grand Prix deelgeneem. Dit was 'n teleurstellende seisoen waarin hy vier punte behaal het en die 20ste plek in die kampioenskap behaal het. Nadat hy tydens 'n baansessie deur Callum Ilott geblokkeer is, het Mazepin 'n onderonsie met Ilott gehad, waartydens hy hom in die gesig geslaan het. Dit het daartoe gelei het dat hy verban is vir die eerste ren van die Hungaroring Grand Prix. Die sanksie self was kontroversieel, met Frits van Amersfoort, baas van Ilott se span, wat die besluit as te sag beskou, en het dit "'n belaglike besluit van die wedrenbeamptes" genoem.[1][2]Desondanks is Mazepin vir nog 'n seisoen behou. Hy het baie verbeter in vergelyking met sy eerste seisoen, 108 punte behaal en drie keer op die podium geëindig. Hy eindig een plek agter die spanmaat Ralf Aron, wat in die 9de plek was.
In die winter van 2019 en 2020 neem Mazepin deel aan die Asiatiese Formule 3-kampioenskap vir die Hitech Racing-span.
Formule 2
wysigIn 2019 het Mazepin tot Formule 2 gevorder om saam met Nyck de Vries by ART Grand Prix te jaag. Sy seisoen is veral gekenmerk weens die ongeluk wat hy met Nobuharu Matsushita in die naelloop op die Sochi Autodrom veroorsaak het. Terwyl sy spanmaat uiteindelik die kampioenskap verower het, sou Mazepin in die 18de plek eindig met 11 punte. Mazepin het vir die nuwe Hitech Grand Prix-span geteken om in 2020 saam met die Italianer Luca Ghiotto te jaag. Sy eerste podium was op die Hungaroring met 'n tweede plek, terwyl hy sy eerste F2-oorwinning in Brittanje behaal het. Mazepin het ook die ren in Mugello gewen. Op die laaste rondte van die Belgiese ren, het hy die Carlin Motorsport-jaer Juki Tsunoda wyd gedruk en is 'n straf van 5 sekondes opgelê wat hom die oorwinning gekos het.
Formule 1
wysigOp 1 Desember 2020 is bekend gemaak dat Mazepin in 2021 oorbeweeg na Formule 1, as deel van die Haas F1-span.[3]
Op 5 Maart 2022 is Mazepin weggelaat (sy kontrak is gekanselleer) by Haas, omdat hy 'n Russiese burger is, terwyl Rusland oorlog maak teen Oekraïne.[4]
Loopbaanuitslae
wysigSeisoen | Reeks | Span | Renne | Wenne | Voorste | Vinnigste | Podiums | Punte | Plek |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2014–15 | MRF Challenge Formula 2000 | MRF Racing | 4 | 0 | 0 | 0 | 1 | 36 | 10de |
2015 | Formula Renault 2.0 NEC | Josef Kaufmann Racing | 16 | 0 | 0 | 0 | 1 | 125.5 | 12de |
Eurocup Formula Renault 2.0 | 7 | 0 | 0 | 0 | 0 | N/A | NC† | ||
2015 Toyota Racing-reeks | ETEC Motorsport | 16 | 0 | 0 | 0 | 0 | 304 | 18de | |
2016 | FIA Formule 3 Europese kampioenskap | Hitech GP | 30 | 0 | 0 | 0 | 0 | 10 | 20ste |
Macau Grand Prix | 1 | 0 | 0 | 0 | 0 | N/A | DNF | ||
Eurocup Formula Renault 2.0 | AVF by Adrián Vallés | 4 | 0 | 0 | 0 | 0 | 11 | 16de | |
BRDC Britse Formule 3-kampioenskap | Carlin Motorsport | 3 | 1 | 0 | 0 | 1 | 51 | 23ste | |
2017 | FIA Formule 3 Europese kampioenskap | Hitech GP | 30 | 0 | 0 | 1 | 3 | 108 | 10de |
2018 | GP3-reeks | ART Grand Prix | 18 | 4 | 1 | 5 | 8 | 198 | 2de |
2019 | 2019 FIA Formule 2-kampioenskap | ART Grand Prix | 22 | 0 | 2 | 0 | 0 | 11 | 18de |
2019–20 | F3 Asiese kampioenskap | Hitech Grand Prix | 15 | 1 | 0 | 0 | 4 | 186 | 3de |
2020 | 2020 FIA Formule 2 kampioenskap | Hitech Grand Prix | 24 | 2 | 0 | 2 | 6 | 164 | 5de |
† Mazepin was 'n gasbestuurder, dus kon hy geen punte verdien nie.
FIA Formule 2-kampioenskapuitslae
wysigJaar | Inskrywer | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | Pos | Punte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2019 | ART Grand Prix | BHR FEA 19 |
BHR SPR 13 |
BAK FEA 8 |
BAK SPR Ret |
CAT FEA 17 |
CAT SPR 14 |
MON FEA 10 |
MON SPR 8 |
LEC FEA Ret |
LEC SPR 16 |
RBR FEA 12 |
RBR SPR 11 |
SIL FEA 16† |
SIL SPR 12 |
HUN FEA 12 |
HUN SPR 15 |
SPA FEA C |
SPA SPR C |
MNZ FEA 11 |
MNZ SPR 9 |
SOC FEA 8 |
SOC SPR Ret |
YMC FEA 10 |
YMC SPR 17 |
18de | 11 |
2020 | Hitech Grand Prix | RBR1 FEA 14 |
RBR1 SPR 10 |
RBR2 FEA 14 |
RBR2 SPR 8 |
HUN FEA 2 |
HUN SPR 5 |
SIL1 FEA 1 |
SIL1 SPR 5 |
SIL2 FEA 4 |
SIL2 SPR 8 |
CAT FEA 13 |
CAT SPR 6 |
SPA FEA 2 |
SPA SPR 4 |
MNZ FEA NC |
MNZ SPR 8 |
MUG FEA 1 |
MUG SPR 18 |
SOC FEA 7 |
SOC SPR 2 |
BHR1 FEA 5 |
BHR1 SPR 2 |
BHR2 FEA 9 |
BHR2 SPR 9 |
5de | 164 |
Verwysings
wysig- ↑ "Nikita Mazepin banned for altercation in European Formula 3 paddock". autosport.com. Autosport. Besoek op 1 Desember 2020.
- ↑ "Driver Banned From First F3 Race For Punching Rival In The Face". wtf1.com. wtf1. Besoek op 1 Desember 2020.
- ↑ Michelle Kleinheerenbrink (1 Desember 2020). "Nikita Mazepin bevestigd als Haas-coureur voor 2021". gpfans (in Nederlands).
- ↑ "Haas announces split with Mazepin and Uralkali". The Race (in Engels). 5 Maart 2022. Besoek op 5 Maart 2022.