Tom Cotton
Thomas Bryant Cotton (13 Mei 1977) is 'n Amerikaanse politikus, militêre veteraan en prokureur wat sedert 2015 dien as die junior senator vir Arkansas. Hy is 'n lid van die Republikeine en het van 2013 tot 2015 in die Huis van Verteenwoordigers van die Verenigde State gedien. Cotton is 'n oorlogsveteraan van die sogenaamde oorlog op Terreur.
Tom Cotton | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 3 Januarie 2015 | |
Voorafgegaan deur | Mark Pryor |
---|---|
Voorafgegaan deur | Mike Ross |
Opgevolg deur | Bruce Westerman |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Thomas Bryant Cotton 13 Mei 1977 Dardanelle, Arkansas, VSA |
Politieke party | Republikeins |
Kind(ers) | 2 |
Diens/Tak | Amerikaanse Leër |
Cotton dien sedert 2005 as offisier in die Amerikaanse Leër, waar hy gevorder het to die rang van kaptein. Sy militêre diens sluit deelname aan die Afghaanse en Irakse veldtogte in waar die Brons Ster en Gevegsinfanterie wapen aan hom toegeken is. Hy is in 2012 verkies as die Verteenwoordiger vir Arkansas se 4de kongressionele distrik, en op 37-jarige ouderdom na die V.S.A. Senaat in 2014, nadat hy die twee-termyn Demokratiese ingesetene Mark Pryor verslaan het.
In Junie 2020 het die bestuur van die New York Times een van hul redakteurs afgedank omdat hy senator Tom Cotton se rubriek geplaas het waarin hy argumenteer dat Amerikaanse troepe, indien nodig, gebruik moet word om gewelddadige onluste te stuit. Dit het na die tyd geblyk dat 'n groot meerderheid Amerikaners met die senator saamstem.[1]
Senator Cotton was krities oor hoofregter John Roberts van die hooggeregshof van die Verenigde State (wat die uitspraak vir die meerderheid geskryf het), nadat die hof die Trump-administrasie se poging om die uitgestelde-aksie-vir kinderaankomings-program (DACA) te beëindig verwerp het. Hy het gesê dat hy (Roberts) daaraan moet dink om vir 'n politieke amp aansoek te doen.[2]
Vroee lewe, opvoeding en militêre loopbaan (1977–2013)
wysigVormingsjare en opvoeding
wysigThomas Bryant Cotton is op 13 Mei 1977 gebore in Dardanelle, Arkansas. [3] Cotton se vader, Thomas Leonard "Len" Cotton, was 'n distriksinspekteur in die departement van gesondheid in Arkansas, en sy ma, Avis (née Bryant) Cotton), was 'n onderwyser wat later die skoolhoof geword het van die middelbare skool van hul distrik. [4] Cotton se familie het sewe geslagte lank in landelike Arkansas gewoon, en hy het op sy familie se veeplaas grootgeword. [5][6] Hy het Dardanelle Hoërskool bygewoon waar hy in die plaaslike- en streeks basketbalspanne gespeel het; hy was 1.96 m lank, en moes derhalwe gewoonlik senter speel. [6][7]
Cotton het aan Harvard-universiteit begin studeer nadat hy in 1995 gematrikuleer het. By Harvard was Cotton 'n lid van die redaksie van The Harvard Crimson, waar hy dikwels met die liberale meerderheid se menings verskil het. [7] Hy het in sy artikel kwessies aangespreek wat hy beskou het as die "heilige koeie", soos bv. regstellende aksie.[8] Hy het in 1998 na slegs drie jaar sy BA-graad magna cum laude verwerf, nadat hy sy verhandeling geskryf het oor die The Federalist Papers. [6]
Na sy studies aan Harvard het Cotton ingeskryf vir 'n meestersgraadprogram aan die Claremont Graduate University. Hy het in 1999 die universiteit verlaat, en gesê dat hy die akademiese lewe "vervelig" gevind het. In plaas daarvan het hy by Harvard se regskool ingeskryf. [6] Cotton het in 2002 gegradueer aan die regskool met 'n Juris Doctor-graad. [3]
Nadat hy in 2002 klaar gemaak het by die regskool, het hy vir 'n jaar as klerk gedien vir regter Jerry Edwin Smith aan die Verenigde State se Appèlhof ("5th Circuit Court of Appeals"). Daarna het hy die regspraktyk betree en 'n paar maande by Gibson, Dunn & Crutcher gewerk ten einde sy studielenings te kan afbetaal. [9]
Militêre diens
wysigOp 11 Januarie 2005 het Cotton ingeskryf by die Amerikaanse Leër. [10] Hy het aanbiedinge om in die JAG korps te dien van die hand gewys, en in plaas daarvan versoek om in die infanterie te dien. Hy het tydens sy derde jaar van regskool besluit om in die infanterie te dien, terwyl hy na nuusberigte oor die aanvalle op 11 September gekyk het. [11] In Maart 2005 het hy ingeskryf by die VSA se Skool vir Offisierskandidate (OCS), en in Junie 2005 het hy 'n tweede luitenant in die infanteriekorps geword. [12]
In Mei 2006 is Cotton ontplooi na Bagdad as deel van Operation Iraqi Freedom (OIF) as 'n pelotonleier in die 101st Airborne Division. In Irak het hy 'n 41-man lugaanval-infanteriepeleton in die 506de infanterieregiment gelei, en daaglikse gevegspatrollies beplan en gelei. [12] In Desember 2006 is hy bevorder tot eerste luitenant. Hy is aangestel as 'n pelotonleier vir die 3de Amerikaanse infanterieregiment (The Old Guard) by Fort Myer in Virginia. [13]
In Oktober 2008 is Cotton in Oos-Afghanistan ontplooi. Hy is as die operasionele offisier aangestel in 'n Train Advise Assist Command - East provinsiale rekonstruksie span ("PRT") by die Gamberi voorwaartse bedryfsbasis in Laghman Provinsie, waar hy daagliks teen-insurgent-operasies beplan het. [12] Sy ontplooiing van 11 maande het op 20 Julie 2009 geëindig, en hy het uit Afghanistan teruggekeer. [12]
In Julie 2010 is Cotton oorgeplaas na die reserwemag. Sy rekords toon dat sy militêre ontslag in Mei 2013 plaasgevind het; hy is bekroon met die Brons Ster en het onder andere 'n gevegsinfanterie wapen ontvang. [12][14][15]
Persoonlike lewe
wysigCotton het in 2014 met Anna Peckham ('n prokureur) getrou. Die paartjie het twee kinders.[16] Hulle eerste kind, 'n seuntjie, is op 27 April 2015 gebore.[17][18]
Cotton is 'n lid van die Verenigde Metodiste Kerk.[19]
Cotton het gesê dat Walter Russell Mead, Robert D. Kaplan, Henry Kissinger, die romansiers Daniel Silva, C. J. Box,[20] en Jason Matthews sy gunsteling outeurs is.[21]
Geskiedenis van sy verkiesings
wysigArkansas se 4de Kongressionele Distrik se Republikeinse voorverkiesing, 2012 | ||||
---|---|---|---|---|
Party | Kandidaat | Stemme | % | +% |
Republikeins | Tom Cotton | 20,899 | 57.55% | |
Republikeins | Beth Anne Rankin | 13,460 | 37.07% | |
Republikeins | John Cowart | 1,953 | 5.38% |
Arkansas se 4de Kongressionele Distriksverkiesing, 2012 | ||||
---|---|---|---|---|
Party | Kandidaat | Stemme | % | +% |
Republikein | Tom Cotton | 154,149 | 59.53% | |
Demokraat | Gene Jeffress | 95,013 | 36.69% | |
Libertyn | Bobby Tullis | 4,984 | 1.92% | |
Groen | Joshua Drake | 4,807 | 1.86% |
V.S.A Senaatsverkiesing in Arkansas, 2014 | ||||
---|---|---|---|---|
Party | Kandidaat | Stemme | % | +% |
Republikein | Tom Cotton | 478,819 | 56.50% | |
Demokraat | Mark Pryor* | 334,174 | 39.43% | |
Libertyn | Nathan LaFrance | 17,210 | 2.03% | |
Groen | Mark Swaney | 16,797 | 1.98% | |
Inskryf-stemme | Inskryf-stemme | 505 | 0.06% |
Verwysings
wysig- ↑ https://www.foxnews.com/opinion/left-silences-silent-majority-watch-november-liz-peek Opgespoor en besoek op 15 Junie 2020
- ↑ https://townhall.com/tipsheet/leahbarkoukis/2020/06/19/cotton-holds-nothing-back-in-criticism-of-roberts-in-daca-decision-n2570939 Opgespoor en besoek op 19 Junie 2020, Aanhaling (Sen. Cotton): “It cannot be the law that what Barack Obama has unlawfully done, no president may undo, yet John Roberts again postures as a Solomon who will save our institutions from political controversy and accountability.”
- ↑ 3,0 3,1 "Tom Cotton". Biographical Directory of the United States Congress (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2019. Besoek op 5 November 2018.
- ↑ Lyons, Gene (9 Oktober 2014). "Tom Cotton wouldn't be anywhere without government dollars". Arkansas Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Maart 2019.
- ↑ "New Arkansas Rep. Cotton Draws Spotlight; 113th Congress Sworn In". Times Record News (in Engels). 4 Januarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020.
- ↑ 6,0 6,1 6,2 6,3 Ball, Molly (17 September 2014). "The Making of a Conservative Superstar". The Atlantic (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020. Besoek op 9 Junie 2020.
- ↑ 7,0 7,1 Bolduc, Brian (7 Oktober 2011). "G.I. Tom". National Review.
- ↑ Levy, Gabrielle (16 April 2015). "Tom Cotton Takes On the World". U.S. News & World Report.
- ↑ Toobin, Jeffrey (13 November 2017). "Is Tom Cotton the Future of Trumpism?". The New Yorker (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 9 Junie 2020.
- ↑ ROGIN, ALI (18 Julie 2016). "Tom Cotton: Everything You Need to Know". ABC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2020.
- ↑ Stern, Seth. "For Freshman Senator Tom Cotton, politics and patriotism are nothing new". Harvard Law Today. Besoek op 7 September 2018.
- ↑ 12,0 12,1 12,2 12,3 12,4 National Defense PAC (6 Oktober 2014). "NATIONAL DEFENSE PAC today announces with extreme pride its endorsement of Congressman Thomas Cotton". Persberig. Archived from the original on 28 Oktober 2018. https://web.archive.org/web/20181028015230/http://nationaldefensepac.org/wp-content/uploads/2010/04/Tom_Cotton_Endorsement.pdf. Besoek op 11 Junie 2020.
- ↑ Cotton, Tom (31 Mei 2017). "Congress must support Arlington expansion". Philadelphia Media Network (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2017.
- ↑ Milbank, Dana (12 Mei 2014). "Dana Milbank: For Tom Cotton, a military record is no magic bullet". The Washington Post.
- ↑ "Tom Cotton Army Service Record" (in Engels). MuckRock. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020.
- ↑ Brantley, Max (17 Maart 2014). "Tom Cotton still mum on marriage details". Arkansas Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2019.
- ↑ Cotton, Tom (28 April 2015). "Hello, world! Since everyone is asking, my name is Gabriel" (in Engels). Twitter. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2018.
- ↑ Gangitano, Alex (7 Desember 2016). "Sen. Tom Cotton Welcomes Second Child". Roll Call (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 November 2019. Besoek op 11 Junie 2020.
- ↑ Tom Cotton (6 Augustus 2013). "TOM COTTON ANNOUNCES U.S. SENATE CAMPAIGN". Persberig. Archived from the original on 15 Desember 2018. https://web.archive.org/web/20181215093826/http://www.tomcotton.com/2013/08/tom-cotton-announces-u-s-senate-campaign/. Besoek op 11 Junie 2020.
- ↑ Dovere, Edward-Isaac. "Tom Cotton has no problem with Donald Trump". POLITICO (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2020.
- ↑ Takala, Rudy (27 Junie 2016). "Tom Cotton: 'Deterrence, once lost, is very hard to regain'". The Washington Examiner.
Eksterne skakels
wysigHuis van Verteenwoordigers van die VSA | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Mike Ross |
Lid van die Huis van Verteenwoordigers van die VSA van Arkansas se 4de kongressionele distrik 2013–2015 |
Opgevolg deur Bruce Westerman |
Party-politieke poste | ||
Vakant Pos die laaste bekleë deur Tim Hutchinson
|
Republikeins genomineer vir die V.S.A Senatorskap vir Arkansas (Klas 2) 2014 |
Dienend |
Senaat van die VSA | ||
Eretitels | ||
Voorafgegaan deur Chris Murphy |
Baba van die Senaat 2015–2019 |
Opgevolg deur Josh Hawley |
Huidige volgorde van voorrang van die VSA (seremonieel) | ||
Voorafgegaan deur James Lankford |
Senators in die Verenigde State volgens senioriteit 74ste |
Opgevolg deur Steve Daines |