Maak hoofkeuseskerm oop

Stefka Kostadinova van Bulgarye is etlike jare reeds die wêreldrekordhouer in hoogspring vir vroue. Sy het dit op 30 Augustus 1987 in Rome opgestel met 'n sprong van 2,09 meter.

Stefka Kostadinova
Stefka Kostadinova.JPG
Volle naam Stefka Georgieva Kostadinova
Nasionaliteit Bulgaar
Geboortedatum 25 Maart 1965 (1965-03-25) (54 jaar oud)
Geboorteplek Plovdiv, Bulgarye
Hoogte en gewig 1,8 m     60 kg
Uitgetree 1997
Huidige amp President: Bulgaarse Olimpiese Komitee
Sportdissipline Hoogspringatleet
Afrigter Nikolay Petrov
Beste prestasie Wêreldrekordhouer in hoogspring vir vroue
Wêreldkampioenskap Wenner in Rome, 1987  
Olimpiese kampioen Goud in Atlanta, 1996
Eggenoot Nikolai Popvasilev (get. 2007)

Gedurende haar internasionale loopbaan het sy vele kere die hoogste louere ingeoes, waaronder goud tydens die 1996 Olimpiese Spele in Atlanta. Gedurende die 1997-seisoen moes sy haar egter onttrek weens 'n kuitbesering aan die linkerbeen, wat haar na twee operasies gedwing het om uit te tree.

Op 11 November 2005 is sy tot president van die Bulgaarse Olimpiese Komitee verkies, met 42 stemme teenoor die 38 van Svetlana Otsetova.

Persoonlike rekordWysig

Item Prestasie Datum Plek
Hoogspring (opelug) 2,09 m (wêreldrekord)[1] 30 Augustus 1987 Rome
Hoogspring (binnenshuis) 2,06 m 20 Februarie 1988 Pireás

MedaljesWysig

  • 1985:   Wêreldkampioenskap vir binnenshuise atletiek – 1,97 m
  • 1985:   Wêreldbeker – 2,00 m
  • 1985:   IAAF Grand Prix – 2,00 m
  • 1985:   Europese beker – 2,06 m
  • 1985:   Europese kampioenskap – 1,97 m
  • 1985:   Memorial Van Damme – 2,04 m
  • 1986:   Welwillendheidspele – 2,03 m
  • 1987:   Europese beker – 2,00 m
  • 1987:   Wêreldkampioenskap vir binnenshuise atletiek – 2,05 m
  • 1987:   Wêreldkampioenskap – 2,09 m
  • 1987:   IAAF Grand Prix – 1,99 m
  • 1987:   Europese kampioenskap – 1,97 m
  • 1988:   Olimpiese Spele – 2,01 m
  • 1988:   Europese kampioenskap – 2,04 m
  • 1989:   Wêreldkampioenskap vir binnenshuise atletiek – 2,02 m
  • 1991:   IAAF Grand Prix – 2,00 m
  • 1991: (6de plek) Atletiek Wêreldkampioenskap – 1,93 m
  • 1992:   Europese kampioenskap – 2,02 m
  • 1992: (4de plek) Olimpiese Spele – 1,94 m
  • 1993:   Wêreldkampioenskap vir binnenshuise atletiek – 2,02 m
  • 1993:   IAAF Grand Prix – 1,98 m
  • 1994:   Europese kampioenskap – 1,98 m
  • 1995:   Wêreldkampioenskap – 2,01 m
  • 1996:   Olimpiese Spele – 2,05 m
  • 1996:   Europese beker – 1,94 m
  • 1997:   Wêreldkampioenskap vir binnenshuise atletiek – 2,02 m

VerwysingsWysig

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.