Johannes Baptist Hoffman
Johannes Baptist Hoffman (21 Junie 1857 – 19 November 1928) was 'n Duitse Jesuïet, taalkundige en sendeling tot die Moenda-mense in Indië.
Vroeë lewe en opvoeding
wysigNa voltooiing van sy vroeëre opleiding in Echternach en Luxemburg het Hoffmann in 1877 by die Jesuïete in Arlon (België) aangesluit. Hy was nog 'n novise toe hy aan die einde van dieselfde jaar in Indië aankom. Verdere opleiding in Asansol (Filosofie en Teologie) het sy priesterlike vorming voltooi. Hy is op 18 Januarie 1891 tot priester in Kalkutta georden. Hy was uiters begaafd in tale en het ook Frans en Engels geleer, tesame met Antieke Grieks en Latyn. Hy het die taal van die Moendari begin bestudeer en 'n grondige kennis van die Indiese kultuur opgedoen tydens sy teologiese studies in Asansol.
Die Encyclopaedia Mundarica
wysigHoffmann het reeds voor die ensiklopedie 'n grammatikaboek oor die Moendari-taal (1903) gepubliseer. Hy is vanweë swak gesondheid gedwing om af te tree in Kalkutta, wat hom tyd gegee het om voort te gaan met die versameling van inligting en om studies oor die Moendari-taal, godsdiens en kultuur asook die tradisionele maatskaplike en politieke organisasie daarvan te maak. Toe die Eerste Wêreldoorlog uitbreek is Duitse burgers uit die Britse gesagsgebiede gerepatrieer. In 1915 is ook Hoffmann na Duitsland gerepatrieer. Dit was 'n baie hartseer ervaring vir die siek sendeling. Hy het egter kontak behou met sy kollegas in Chotanagpur. Hy het tot aan die einde van sy lewe aan sy Moendari-woordeboek gewerk, aantekeninge geskryf en sy notas georganiseer. Sy Encyclopaedia Mundarica wat kort na sy dood in Trier gepubliseer is, is 'n monumentale werk: dit beslaan 15 volumes, wat die hele kultuur en beskawing van die Moenda-mense beskryf.
Belangrikste werke
wysig- Mundari Grammar, Kalkutta, 1903.
- A Mundari Grammar with Exercises, 2 volumes, Kalkutta 1905–1909.
- Mundari Poetry, Music and Dances, Kalkutta: Baptist Press, 1907.
- Social work in Chota Nagpur, Kalkutta 1909.
- Chota Nagpur Kotholik Bank. Kalkutta: Catholic Orphan Press, 1910 (in Mundari, met Latynse skrif).
- Special Memorandum on the Land System of the Munda Country. Chota Nagpur Teancy Act of 1908 met notas, regsuitsprake en die reëls kragtens die Wet, red. J. Reid Kalkutta, 1910, 225-239.
- La bangue coopérative au Chota Nagpore. in: Missions Belges. 14 (Janvier, 1912) 31-38 & (Février, 1912) 51-62.
- Raiffeisenkassen im Dienste der indischen Mission, Xaverius Verlag, Agen 1919.
- 37 Jahre in Indien, tröstliche Erfahrungen beim Naturvolk der Mundas., Tyrolia Verlag, Innsbruck 1923;
- Encyclopaedia Mundarica, 15 vol., Patna, 1930–37. Herdruk, Patna 1975.
- Principles of Succession and Inheritance Among the Mundas, in: Man in India 4 (Des. 1961), pp.324–338, herdruk uit: Journal of the Bihar and Orissa Research Society, Sept. 1915.
Bibliografie
wysig- Karl Müller: "Hoffman, Johannes Baptist", in Biographical Dictionary of Christian Missions, W. B. Eerdmans 1999, p. 298.
- P. Van Wijnsberghe: Le champion d'une race opprimée, Louvain, 1935.
- Fidelis de Sa: Crisis in Chota Nagpur. The Judicial Conflict between Jesuit Missionaries and British Government Officials, November 1889-March 1890. A Redemptorist Publication: Bangalore, India 1975, 357 pp. + 2 kaarte.
- AA.VV.: The Munda World: Hoffmann commemoration volume, Ranchi, 1978.
- Peter Tete: A Missionary Social Worker in India; the Chota Nagpur tenancy Act and the Catholic Cooperatives (1893–1928), Documenta Missionalia 18, Università Gregoriana Editrice: Rome, 1984. Indian edition: Satya Bharatchi Press: Ranchi, India 1986.
- Paul B. Steffen: Johann Baptist Hoffmann S.J.(1857–1928), ein Weltbürger aus Wallendorf in der Eifel, in: Arens, Bernhard: Chronik Wallendorf. Europäischer Universitätsverlag, Berlin – Dülmen 2010, 332-338.
- Paul B. Steffen: “Meine tröstlichen Erfahrungen beim Naturvolk der Mundas”. Pater Johann Baptist Hoffmann S.J. (1857–1928). Missionar, Menschenfreund und Forscher aus der Eifel, in: Heimatkalender Eifelkreis Bitburg-Prüm 2011, 60. Jahrgang, Bitburg 2010, 171-178.
- Paul B. Steffen: HOFFMANN, Johannes Baptist SJ, Missionar, Ethnograph, Linguist, Sozialreformer. in: Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon. Vol.32 (2011), p.702-708.