Nigel Slater
Nigel Slater (gebore 9 April 1958)[1][2] is 'n Engelse kosskrywer, joernalis en omroeper. Hy het vir meer as 'n dekade lank 'n kolom behartig vir The Observer Magazine en is hoofskrywer vir die Observer Food Monthly bylaag. Voor dit was Slater kosskrywer vir Marie Claire vir vyf jaar. Hy is ook die kunsdirekteur vir sy boeke.
Vroeë lewe
wysigOp 9 April 1958 is Nigel Slater gebore in Wolverhampton, Wes-Middellande, as die derde en jongste seun van die fabriekeienaar Tony Slater en huisvrou Kathleen. Sy moeder het gesterf aan asma in 1965.[3] In 1971 het sy pa weer getrou met Dorothy Perrens tot met sy afsterwe drie jaar later.[3]
Slater het Woodfield Avenue School bygewoon, Penn, Wes-Middellande. Hy verhuis na Worcestershire toe hy 'n tiener was en gaan skool by Chantry High School; hier geniet hy dit om essays te skryf en was hy een van slegs twee seuns om kookkuns as 'n O-vlak vak te neem.[4][5]
Aldus die BBC artikel Competitive cooking: Why do we bother?, beweer Slater in sy outobiografie Toast dat hy kos gebruik het om met sy stiefma Dorothy te kompeteer vir sy vader se aandag.[6] Hul grootste stryd was oor suurlemoen meringue tert – sy pa se gunsteling. Sy stiefma het geweier om haar resep bekend te maak en so het Slater hom tot 'n slenter gewend om met sy eie weergawe vorendag te kom. "Ek sou die eierdoppe in die vullisblik tel om te sien hoeveel eiers sy gebruik het en dit dan neerskryf. Ek sou op verskillende tye inkom wanneer ek geweet het sy is besig om dit te maak. Ek sou haar vang terwyl sy besig was om die meringue te maak en ek het daardie resep stadig maar seker opgebou oor 'n tydperk van maande , indien nie jare nie".[6] 'n Alternatiewe weergawe van hierdie storie kom van Ann, sy stiefsuster, wat beweer dat sy die tert gebak het en nie haar ma nie, en dat die resep afkomstig is van 'n kookboek.[3]
Hy het 'n diploma behaal in die spyseniering by die Worcester Technical College in 1976, en het voortgegaan om in restaurante en hotelle regoor die Verenigde Koninkryk te werk voordat hy 'n kosskrywer vir Marie Claire geword het in 1988.[5] Hy het welbekend geword vir eenvoudige trooskos resepte wat in die vroeë topverkoper boeke soos The 30-minute Cook (1994) en Real Cooking verskyn het, asook sy innemende kolomme in die memoires-styl vir The Observer wat hy begin het in 1993.
Televisie en radio
wysigIn 1998 was Slater die aanbieder vir die Channel 4 reeks Nigel Slater's Real Food Show. Hy het teruggekeer na TV in 2006 om die geselsprogram A taste of my Life aan te bied op BBC One en BBC Two.[7] In 2009 het hy Simple Suppers aangebied as 'n reeks van ses episodes op BBC One,[8] en 'n tweede reeks in die daaropvolgende jaar.[9]
Hy verskyn as 'n gas "skipbreukeling" op BBC Radio 4 se Desert Island Discs in Junie 2005.[10]
In November 2013 verskyn hy saam met Adam Henson op BBC se Nigel and Adam's Farm Kitchen. Adam Henson (die boer) en Nigel Slater (die chef) het kragte saamgesnoer om Brittanje se gunsteling kos te saai, groei, en kook op 'n werkende plaas in die Cotswolds. Hulle het gepoog om mense weer in voeling te kry met waar kos vandaan kom.[11]
Skryfwerk
wysigSlater se boek, Eating for England: The Delights & Eccentricities of the British at Table (Fourth Estate), is gewy aan Britse kos en kookkuns. Dit was gepubliseer in Oktober 2007 en deur die Sunday Times beskryf as " 'n allegaartjie van die beste kulinêre proeseltjies wat die tyd mooi sou verwyl tydens 'n treinreis".[12] Sy boek Tender is die storie van sy groentetuin, hoe dit ontstaan het en wat daarin groei. Die boek is gepubliseer in twee volumes; die eerste handel oor groente en is laat in 2009 vrygestel en die tweede handel oor vrugte en is vrygestel in 2010. Tender word beskryf as 'n memoir; 'n studie van vyftig gunsteling groentes, vrugte en neute en 'n versameling van meer as vyf honderd resepte.
Slater het bekend geword aan 'n wyer gehoor met die publikasie van Toast: The story of a Boy's Hunger, 'n roerende en bekroonde outobiografie gefokus op sy liefde vir kos, sy kinderjare, sy familie verhoudings en sy ontluikende seksualiteit. Slater noem dit: "die mees intieme memoir wat enige kos-persoon nog ooit geskryf het".[13] Toast is in Brittanje gepubliseer in Oktober 2004[14] en het 'n topverkoper geword nadat dit op die Richard & Judy Boekklub verskyn het.[15] 'n Film gebaseer op die boek – ook genoem Toast - met Freddie Highmore in die hoofrol as die 15 jaar oue Slater en Helena Bonham Carter as sy stiefma, is uitgesaai op BBC One.[16][17] Slater se negatiewe uitbeelding van sy stiefmoeder is egter uitgedaag deur sy stiefsusters.[3]
Persoonlike lewe
wysigSlater het twee ouer broers, Adrian en John. Slater se ouers het 'nn buurman se kind, John, aangeneem voor Slater se geboorte.[14] Hy het ook twee stiefsusters van wie hy vervreem is.[18][19]
Slater woon in die Highbury area van Noord-Londen waar hy 'n kombuistuin onderhou wat gereeld te sien is in sy rubriek.
Publikasies en uitsendings
wysigKookboeke
wysig- The Marie Claire Cookbook, Hamlyn, (ISBN 0-7064-2573-1, 1992)
- Real Fast Food, Michael Joseph Ltd, (ISBN 0-7181-3577-6, 1992) or Penguin Books Ltd, (ISBN 0-14-046949-4, 1993)
- Real Fast Puddings, Michael Joseph Ltd, (ISBN 0-7181-3577-6, 1992) or Penguin Books Ltd, (ISBN 0-14-023283-4, 1994)
- The 30-Minute Cook, Michael Joseph Ltd (ISBN 0-7181-3752-3, 1994)
- Real Cooking, Michael Joseph Ltd, (ISBN 0-7181-4090-7, 1997) or Penguin Books Ltd (ISBN 0-14-025277-0, 1999)
- Real Food, Fourth Estate Ltd, (ISBN 1-85702-971-2, 1998) or (ISBN 1-84115-144-0, 2000)
- Appetite, Random House of Canada Ltd, (ISBN 0-679-31212-9, (2000) or Fourth Estate Ltd (ISBN 1-84115-470-9, 2000)
- Thirst, Fourth Estate Ltd, (ISBN 1-84115-768-6, 2002)
- The Kitchen Diaries, Fourth Estate Ltd, (ISBN 0-00-719948-1, 2005) or Gotham Books, published by Penguin (USA) Inc., (ISBN 1-59240-234-8), October 2006[20][21]
- Tender, Volume One, Fourth Estate Ltd, Harper Collins (ISBN 978-0-00-724849-0) (2009)
- Tender, Volume Two, Fourth Estate Ltd, Harper Collins (2010)
- The Kitchen Diaries 2, Fourth Estate Ltd (2012)
- eat: The Little Book of Fast Food, Fourth Estate Ltd (2013)
- A Year of Good Eating, Fourth Estate Ltd (ISBN 978-0-00-753680-1) (2015)
Outobiografie
wysig- Toast: The Story of a Boy's Hunger, Fourth Estate Ltd, (ISBN 1-84115-289-7, 2003) or HarperPerennial (ISBN 0-7011-7287-8, 2004)[22][23]
- Eating For England, Fourth Estate Ltd, (ISBN 0-00-719946-5, October 2007)[12]
Uitsendings
wysig- Nigel Slater: Eating Together (2015, 4 episodes) – writer and presenter
- Nigel and Adam’s Farm Kitchen (2013) – co-presenter
- Nigel Slater’s Great British Biscuit (2013, one-off documentary) – writer and presenter
- Nigel Slater’s Dish of the Day (2012) – writer and presenter
- Nigel Slater: Life is Sweets (2012, one-off documentary) – writer and presenter
- Nigel Slater’s Simple Cooking (2011, 8 episodes) – writer and presenter
- Nigel Slater’s Simple Suppers (2009) – writer and presenter
- A Taste of My Life (2006–2008, 31 episodes) – host and presenter
- Nigel Slater’s Real Food Show (1998) – host and presenter
Toekennings
wysig- 1995 Glenfiddich Cookery Writer of the Year Award
- 1995 Glenfiddich Trophy
- 1995 Glendfiddich Award for Best Visual Work for The Observer
- 1996 Media Personality of the Year Award (Good Food Awards)
- 1999 Glenfiddich Award for Best Visual Work for Real Food
- 1999 Best Newspaper Cookery Journalist Award
- 2000 André Simon Award for Cookbook of the Year for Appetite
- 2004 André Simon Award for Toast
- 2004 Glenfiddich Food Book of the Year forToast
- 2004 British Biography of the Year Award for Toast
- 2004 Observer Food Monthly Book of the Year Award for Toast
- 2004 WH Smith People's Choice Award for "Toast"
- 2006 British Book Award for The Kitchen Diaries
- 2007 Specialist Writer of the Year, PPA Awards
- 2009 Honorary DLitt from the University of Wolverhampton[24]
- 2009 BBC Food Personality of the Year[25]
Verwysings
wysig- ↑ "Nigel Slater". Waterstones.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Februarie 2012. Besoek op 14 Oktober 2007.
- ↑ Slice of nostalgia: the making of Toast The Telegraph, 20 December 2010
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 "Nigel Slater's cooked up a load of cruel lies about our mother, say the food writer's stepsisters after watching BBC dramatisation of his childhood". Mail Online (in Engels). Associated Newspapers. 9 Januarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2017. Besoek op 4 Desember 2012.
- ↑ Nigel Slater Geargiveer 4 Januarie 2011 op Wayback Machine University of Wolverhampton, 2011; Retrieved 6 March 2011
- ↑ 5,0 5,1 I was one of two boys who took cookery O-level at my secondary school Geargiveer 26 Februarie 2014 op Wayback Machine Times Educational Supplement, 10 October 2003; Retrieved 6 March 2011 Verwysingfout: Invalid
<ref>
tag; name "TES" defined multiple times with different content - ↑ 6,0 6,1 Competitive cooking: Why do we bother?
- ↑ A Taste of My Life BBC Programmes
- ↑ Nigel Slater's Simple Suppers recipes BBC – Food
- ↑ Nigel Slater's Simple Suppers: Series 2 BBC One
- ↑ Nigel Slater Desert Island Discs, BBC Radio 4, 5 June 2005
- ↑ Nigel and Adam's Farm Kitchen
- ↑ 12,0 12,1 Wilson, Bee (7 Oktober 2007). "Dipping into our culinary history". Times Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2008. Besoek op 20 Mei 2010.
- ↑ Interview with Nigel Slater (page 2) AfterElton.com, 10 January 2005
- ↑ 14,0 14,1 Toast: The Story of a Boy's Hunger by Nigel Slater Geargiveer 6 Junie 2008 op Wayback Machine Barnes & Noble Verwysingfout: Invalid
<ref>
tag; name "BarNob1" defined multiple times with different content - ↑ Richard & JudyChannel 4 Geargiveer 12 Februarie 2008 op Wayback Machine
- ↑ Adams, Tim (14 September 2003). "While other boys in his class were reading Shoot! Nigel subscribed to Cordon Bleu magazine". The Observer (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2008. Besoek op 20 Mei 2010.
- ↑ New BBC One drama, Helena Bonham Carter and Freddie Highmore star in Toast BBC Press Office, 21 May 2010
- ↑ "Katherine Butler: Don't spoil a good story with the truth" 11 January 2011 Independent
- ↑ "Nigel Slater's cooked up a load of cruel lies about our mother, say the food writer's stepsisters after watching BBC dramatisation of his childhood" Daily Mail
- ↑ The Kitchen Diaries Geargiveer 24 September 2013 op Wayback Machine Harper Collins
- ↑ William Leith Not roquette science – Review: The Kitchen Diaries by Nigel Slater The Guardian, 29 October 2005
- ↑ Lynne Truss Toast by Nigel Slater and My Autobiography by Antony Worrall Thompson Times Online, 5 October 2003 (subscription required)
- ↑ Matthew Fort Slater's raw honesty has a delicious flavour – Review: Toast by Nigel Slater The Observer, 19 October 2003
- ↑ "University of Wolverhampton: Honorary Graduates: Previous Years". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 14 Julie 2016.
- ↑ Food & Farming Awards – Winners & Finalists BBC Radio 4, 2009