Henry Oswald de Villiers
Suid-Afrikaanse rugbyspeler
H.O. de Villiers (10 Maart 1945 – 20 Februarie 2022) was 'n Springbokrugbyspeler.
| |||||
Volle naam | Henry Oswald de Villiers | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 10 Maart 1945 | ||||
Geboorteplek | Johannesburg, Suid-Afrika | ||||
Sterftedatum | 20 Februarie 2022 (op 76) | ||||
Skool | Dale College | ||||
Universiteit | Universiteit van Kaapstad | ||||
Beroep | Makelaar | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Heelagter, vleuel | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
UCT, Villagers | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1965-1975 | Westelike Provinsie | ||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1967-1970 | Suid-Afrika | 14 |
Rugby loopbaan
wysigIn 1965 speel hy vir die Universiteit van Kaapstad se eerste XV. In Junie dieselfde jaar haal hy die Westelike Provinsiespan. In 1967 word hy die eerste keer vir die Springbokke gekies teen die Franse en speel in al vier toetse. Weens beserings speel hy nie in 1968 teen die Britse Leeus nie, maar wel teen die Franse. Hy toer saam met die Springbokke op die 1969/70 betogertoer na die Britse Eilande. Weens beserings het hy ook nie teen die 1970 All Blacks uitgedraf nie, wat sy internasionale loopbaan beëindig het.
Bron
wysig- 30 Super Springboks. Paul Dobson. 1995. ISBN 0-7981-3411-9
Eksterne skakels
wysig- H.O. de Villiers by www.genslin.us/bokke