Rutte IV-kabinet

Die Rutte IV-kabinet het van 10 Januarie 2022 tot 2 Julie 2024 regeer en was saamgestel uit dieselfde vier partye as in die vorige regering, die Rutte III-kabinet: Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (VVD), Demokrate 66 (D66), Christen-Demokratiese Appèl (CDA) en ChristenUnie (CU). Twee was liberale partye: die regs-liberale VVD en die links-liberale D66, twee was christelike partye: die CDA en die meer ortodokse CU.

Eerste minister Mark Rutte

Hierdie kabinet het oor 41 setels in die Tweede Kamer beskik (sedert Desember 2023, wat is 'n minderheid van 34 setels), voorheen het dit 77 setels gehou, en oor 24 setels in die Eerste Kamer (sedert Junie 2023, wat is 'n minderheid van 14 setels), voorheen het dit 32 setels gehou.

Mark Rutte (VVD) was weer eens die eerste minister, die adjunk-premiers was Rob Jetten (tot 8 Januarie 2024 Sigrid Kaag) (D66), Karien van Gennip (tot 1 September 2023 Wopke Hoekstra) (CDA) en vir die tweede keer Carola Schouten (CU).

Op 7 Julie 2023 het 'n breuk in die koalisie oor die migrantebeleid ontstaan en op 8 Julie het Rutte sy ontslag aan by die koning gedien en was die kabinet demissionêr gewees.

Sien ook

wysig

Bronne

wysig

Eksterne skakels

wysig


Voorafgegaan deur
Rutte III-kabinet
Rutte IV-kabinet
2022-2024
Opgevolg deur
Schoof-kabinet