Demokrate 66

Die Demokrate 66 (Nederlands: (Politieke Partij) Democraten 66, D66) is 'n Nederlandse progressief-liberale politieke party met enkele linkse standpunte, onder ander oor kultuur, emansipasie en omgewingsake. As dit gaan om ekonomiese en sosio-ekonomiese sake, het hierdie party sterk regs-liberale opvattings. Die D66-party is gestig in 1966 deur Hans van Mierlo.

Democraten 66
D66
Logo van die betrokke party.
Leier ...
Gestig 14 Oktober 1966
Hoofkwartier Partijbureau D66, Hoge Nieuwstraat 30, Den Haag
Jeugvleuel Jonge Democraten
Ideologie Liberalisme, Sosiale liberalisme
Internasionale affiliasie Liberal International
Webblad d66.nl

Die politieke leier was tot 9 Oktober 2018 Alexander Pechtold gewees. Sedert 4 September 2020 word die party gelei deur Sigrid Kaag, die huidige minister van buitelandse sake in die demissionêre Rutte III-kabinet.

Die verkiesings van die nuwe Tweede Kamer op 17 Maart 2021 is deur die D66-party gewen. Die party het 24 setels behaal (+5).

Eksterne skakelsWysig