Afrotheria
Die superorde Afrotheria (Stanhope et al. 1998) is een van die vier hoofgroepe van die plasentale kroon-Eutheria. Hierdie soogdiere het op die Afrika-kontinent ontstaan toe dit 'n eilandkontinent was.
Afrotheria | |
---|---|
Orycteropus afer | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | Afrotheria
|
Die superorde bevat die volgende huidige soogdierordes:
- Afrosoricida – gouemolle en tenreks
- Macroscelidea – klaasneuse
- Tubulidenta – die aardvark
- Hyracoidea – dassies
- Sirenia – doegongs
- Proboscidea – slurpdiere
Hierdie takson is, saam met die ander drie hooftakke Xenarthra, Euarchontoglires en Laurasiatheria in 1998 op basis van filogenetiese navorsing op ekstante soogdiere se DNS voorgestel en die tradisionele paleontoloë wat hulle taksonomie baseer op die morfologie van fossiele het eers skepties gereageer. Daar is in 2016 steeds geleerdes wat nie saamstem nie,[1] hoewel dit 'n minderheidsposisie weergeef. In 'n onlangse groot kladistiese ontleding (Halliday)[2] -gebaseer op morfologie van fossiele- word nogtans die vierdeling duidelik teruggevind.
Kladogram
wysigDaar is 'n party uitgestorwe groepe wat dalk in die Afrotheria behoort, maar hul posisie in hierdie kladogram is taamlik onduidelik.
Afrotheria |
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Verwysings
wysig- ↑ Fossils and monophyly of Afrotheria: a review of the current data Alexander. O. Verianov, A.V. Lopatin Jan 2016 Archives of Zoological Museum of Lomonosov Moscow State University, 54, bls. 146-160.
- ↑ Resolving the relationship of Paleocene Placental mammals, Thomas J. D. Halliday, Paul Upchurch, Anjali Goswami Biological Reviews 92(1) 2015, 521-550
- ↑ 3,0 3,1 Palaeofiles.
- ↑ A Molecular Phylogeny of Plesiorycteropus Reassigns the Extinct Mammalian Order ‘Bibymalagasia’ Michael Buckley, PLOS. 26 Maart, 2013 https://doi.org/10.1371/journal.pone.0059614.