Air Lituanica was 'n Litause lugredery wat sy hoofkwartier in Vilnius gehad het. Hier was ook sy hooflughawe geleë. Met sy klein vloot van vier vliegtuie het Air Lituanica passasierdienste na tien Europese bestemmings aangebied en daarna gestrewe om in 2015 Litaue se vlagdraer te word.[2] Nog in dieselfde jaar was die lugredery egter genoodsaak om sy bedrywighede te staak. Op 8 Junie 2015 het die onderneming bankrot gespeel.[3]

Air Lituanica
IATA ICAO Roepteken
LT LTU LITUANICA
GestigMei 2013
BedryfsbasisseVilnius Internasionale Lughawe
Vlootgrootte3
BestemmingsOmstreeks 10 in Europa
HouermaatskappyStart Vilnius UAB / Stad Vilnius
HoofkantoorVilnius, Litaue
SleutelpersoneKęstutis Binkauskas (voorsitter)
Gytis Gumuliauskas; Erikas Zubrus (hoof uitvoerende beamptes)
Webwerfairlituanica.com

Weens die relatief klein nasionale mark en die land se randligging in Noordoos-Europa het Litaue, in teenstelling met sy twee Baltiese buurlande Letland en Estland, dit steeds moeilik gevind om 'n ekonomies lewensvatbare nasionale lugredery te vestig.[4]

Verwysings

wysig
  1. "Ons is gereed vir u gerieflike reis!"
  2. "www.airlituanica.com: About us. Besoek op 2 Desember 2014". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2014. Besoek op 2 Desember 2014.
  3. airlituanica.com: Air Lituanica. Besoek op 4 Maart 2019
  4. Allplane, 9 Augustus 2013: A closer look at Air Lituanica, the new airline up in the Baltic. Besoek op 2 Desember 2014