Die lugredery is in 1947 gestig om vlugte van "Transports Aériens Intercontinentaux" en Air France te voed, en ná Madagaskar se onafhanklikheid word dit die nasionale lugredery. Aanvanklik bedryf dit slegs dienste op binnelandse roetes, maar met die lugredery se uitbreidings in die laat 1960's en 1970's is begin om internasionale vlugte na bestemmings soos Frankryk en Suid-Afrika te onderneem.
In meer onlangse jare ondergaan die lugredery 'n reeks mislukte privatiserings. Die pogings is sedertdien gestaak en die lugredery is nou in meerderheidsbesit van die regering van Madagaskar (89.56%), met ARO ('n versekeringsmaatskappy)(5.53%), SONAPAR (2.53%), Air France (1.65%), NY Havana (0.32%) en personeel (0.39%) as die kleiner aandeelhouers.[5]