Aktjoebe
Aktjoebe (Russies: Актюбе, Kasaks: Ақтөбе) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die gelyknamige Aktjoebe Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Die letterlike betekenis van die dorpiese Kasakse naam is "wit heuwel".
Aktjoebe Актюбе | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Koördinate: 46°24′46″N 48°26′45″O / 46.41278°N 48.44583°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Wolodarski |
Bevolking | |
• Totaal | 92 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416170 |
Demografie
wysigVolgens Sensus 2010 het Aktjoebe 90 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[1]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Kasakke | 82 | 91,1% |
Azerbeidjanners | 4 | 4,4% |
Tartare | 4 | 4,4% |
Totaal | 90 | 100% |
Verwysings
wysig- ↑ Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 13 Augustus 2023.