Alain Prost
Franse motorrenjaer
Alain Prost (gebore 24 Februarie 1955 in Lorette, Loire, Frankryk) bynaam Die Professor, is 'n Franse voormalige Formule Een motorrenjaer wat vir die Renault, McLaren, Ferrari en Williams-spanne gejaag het. Hy is 'n viermalige wêreldbestuurderskampioen, en wel in 1985, 1986, 1989 en 1993.
Alain Prost | |
---|---|
Alain Prost by die 2012 Internasionale Motorfees
| |
Geboortedatum | 24 Februarie 1955 |
Geboorteplek | Lorette, Loire, Frankryk |
Volle naam | Alain Marie Pascal Prost |
Nasionaliteit | Fransman |
Aktiewe jare | 1980–1991, 1993 |
Ou span(ne) | McLaren, Renault, Ferrari, Williams |
Inskrywings | 202 (199 begin) |
Kampioenskappe | 4 (1985, 1986, 1989, 1993) |
Oorwinnings | 51 |
Podiums | 106 |
Loopbaanpunte | 798.5 |
Voorste wegspronge | 33 |
Vinnigste rondtes | 41 |
Eerste F1-wedren | 1980 Argentynse Grand Prix |
Eerste wen | 1981 Franse Grand Prix |
Laaste wen | 1993 Duitse Grand Prix |
Laaste inskrywing | 1993 Australiese Grand Prix |