Alfred Bitini Xuma

Alfred Bitini Xuma, algemeen bekend volgens sy voorletters as AB Xuma, (8 Maart 1893, Transkei - 27 Januarie 1962) was 'n Suid-Afrikaanse leier, aktivis en van 1940 tot 1949 president-generaal van die African National Congress (ANC). Hy was 'n lid van die African American gestigte Alpha Phi Alpha-broederskap.[1]

Alfred Bitini Xuma
Gebore8 Maart 1893
Sterf27 Januarie 1962 (op 68)
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepPolitikus
TitelPresident van die ANC
Termyn1940–1949
VoorgangerZacharias Richard Mahabane
OpvolgerJames Moroka
Politieke partyANC

Hy was die eerste swart Suid-Afrikaner wat 'n mediese dokter geword het.

Hoewel hy op die linkervleuel van die ANC was, is Xuma tydens sy leierskap as te konserwatief beskou deur 'n toenemend ongeduldige en aktivistiese jeug, wat hy op sy beurt met agterdog bejeën het. Sy briewe aan kollegas is blykbaar vol vyandige verwysings na kommuniste. As sodanig is hy wyd as uit voeling met die behoeftes en eise op voetsoolvlak beskou.[2][3]

Verwysings

wysig
  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2014. Besoek op 9 Junie 2014.
  2. http://www.anc.org.za/show.php?id=161
  3. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2015. Besoek op 9 Junie 2014.