Alfred George Robertson
Alfred George Robertson (1867 – 1929) was 'n Administrateur van Transvaal. Hy is 1867 in Natal gebore en ontvang opleiding aan Hilton-Kollege. Sy ouers was Alexander March Robertson en Elsie Ballot. Hy begin sy loopbaan met die bestuur van 'n koetsdiens na Barberton. In 1895 vestig hy hom in die distrik Wakkerstroom waar hy 'n vooraanstaande skaapboer word en baanbrekerswerk in verbeterde metodes doen. In 1907 word hy verkies tot die Transvaalse Parlement onder die Kroonkoloniebewind. Hy word lid van die Transvaalse Provinsiale Raad en ná Uniewording word hy die Administrateur van 1917 tot 1924. Hy is in 1929 oorlede.
Alfred George Robertson | |
2de Administrateur van Transvaal
| |
Ampstermyn 24 Julie 1917 – 29 Februarie 1924 | |
Voorafgegaan deur | Johann Friedrich Bernhard Rissik |
---|---|
Opgevolg deur | Jannie Hofmeyr |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 1867 Natalkolonie |
Sterf | 1929 |
Alma mater | Hilton-Kollege |