Prayagraj
Prayagraj is 'n stad in die Indiese deelstaat Uttar Pradesh met 'n bevolking van 1 117 094 in 2011. Die stad is in 1583 gestig en tot 2018 genoem na Allah, die Arabiese naam vir God en -ābād, Persies vir te bou of te skep, wat beteken "Stad van God" of "God se skepping". Prayagraj is aan die saamvloei van die Yamuna en die Ganges, twee van die heiligste riviers van die Hindoeïsme, geleë. Dus is Prayagraj 'n belangrike pelgrimstog vir Hindoes. Elke 12 jaar word die fees Kumbh Mela hier gevier.
Prayagraj Allahabad (tot 2018) | |
---|---|
Stad | |
Koördinate: 25°27′00″N 81°51′00″O / 25.45000°N 81.85000°O | |
Land | Indië |
Deelstaat | Uttar Pradesh |
Distrik | Prayagraj |
Stigting | 1583 |
Regering | |
• Tipe | Allahabad Munisipale Korporasie |
• Burgemeester | Abhilasha Gupta |
Oppervlak | |
• Stad | 5 424 km2 (2 094 vk. myl) |
Hoogte | 98 m (322 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 1 117 094 |
• Metro | 5 959 798 |
• Metrodigtheid | 1 087/km2 (2 820/vk. myl) |
Tydsone | UTC+5:30 (IST) |
Poskode | 211001-18 |
Skakelkodes | 532 |
Webwerf | allahabad.nic.in |
Prayagraj is bekend as "stad van die eerste ministers", omdat sewe van die 13 eerste ministers van Indië 'n verbintenis met die stad gehad het. Onder ander is Indira Gandhi in Prayagraj gebore. Die tydsone van Indië en Sri Lanka, UTC+05:30, word vanaf die observatorium in Prayagraj in Indië bereken.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Prayagraj.
- (en) (hi) Amptelike webwerf