Allied Movement for Change
Suid-Afrikaanse politieke party
Allied Movement for Change (AM4C) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party, met Ahmed Munzoor Shaik Emam as partyleier.
Die Allied Movement for Change beoog 'n Suid-Afrika waar die kollektiewe mag van sy mense positiewe verandering aandryf. Saam, gelei deur die beginsels van eenheid, bemagtiging en positiwiteit, voorsien die party dat 'n nasie gebou sal word wat floreer op die sterk punte van sy diversiteit en die veerkragtigheid van sy mense.[1]
AM4C het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024 deelgeneem.[2] Die Wes-Kaap premier kandidaat vir AM4C is Faizal Sayed. Die party het 22 055 stemme verkry en kon geen setels wen nie.
Verwysings
wysig- ↑ Allied Movement for Change https://am4c.org/ Besoek 4/4/2024.
- ↑ National Candidates List, Independent Electoral Commission, Besoek 26 Maart 2024.