Aluminiumtetrachloriedanioon
Aluminiumtetrachloriedanioon is 'n chemiese verbinding. Dit word in die Friedel-Crafts-alkileringsreaksie uit aluminiumtrichloried (AlCl3) gevorm. Die anioon het 'n tetraëdrale vorm, soortgelyk aan koolstoftetrachloried, waar koolstof deur aluminium vervang word. Sommige van die verbindings is oplosbaar in organiese oplosmiddels, wat 'n ioniese, nie-waterige oplossing vorm, wat hulle geskik maak as komponent van elektroliete vir batterye. Byvoorbeeld, in sommige litiumbatterye word litiumtetrachlooraluminaat gebruik.
Aluminiumtetrachloriedanioon | |
---|---|
IUSTC-naam | tetrachlooraluminaat(1-) |
Ander name | tetrachloriedoaluminaat(1-) tetrachlooralumanuied |
ChEBI | 30110 |
Chemspider | 10737456 |
PubChem | 3728926 8146288 |
SMILES | Cl[Al-](Cl)(Cl)Cl |
Chemiese formule | AlCl4− |
Molêre massa | 168.78 g·mol−1 |
Molekulêre vorm | Tetraëdriese |
Hibridiseering | sp3 |
Vorming
wysigTetrachlooraluminaatione word gevorm as tussenganger in die Friedel–Crafts-alkileringsreaksie, waarin aluminiumchloried as katalisator gebruik word. Die Friedel-Crafts-alkileringsreaksie kan soos volg in drie stappe verdeel word:[1]
Stap 1: Die alkielhalied reageer met die sterk Lewis-suur en vorm 'n geaktiveerde elektrofiel wat bestaan uit die tetrachlooraluminaatioon en die alkielgroep.
Stap 2: Die aromatiese ring (in hierdie geval benseen) reageer met die met die geaktiveerde elektrofiel en vorm 'n alkielbensoniumkoolstof-katioon.
Stap 3: Die alkielbensoniumkoolstof-katioon reageer met 'n tetrachlooraluminaat-anioon, die aromatiese ring en die Lewis-suur word herskep en soutsuur (HCl) vorm.
Verwysings
wysig- ↑ "Electrophilic substitution - the alkylation of benzene". chemguide (in Engels). Besoek op 28 Julie 2020.