Alvin Botes

Suid-Afrikaanse politikus

Alvin Botes (gebore 9 September 1973)[1] is ’n Noord-Kaapse politikus en lid van die African National Congress (ANC).

Alvin Botes

Botes het tussen 1999 en 2009 as die ANC se provinsiale hoof van beleid, navorsing en ontleding in die Noord-Kaap gewerk. Hy het ook as provinsiale tesouris en voorsitter van die ANC-jeugliga tussen 2003 and 2008 gedien.[2] Botes het tussen 2008 en 2017 as adjunk- provinsiale sekretaris van die ANC gedien.[2]

Botes was ʼn lid van die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer tussen 2009 en 2018 en het as lid van die uitvoerende komitee tussen 2009 en 2013 gedien: eers verantwoordelik vir maatskaplike ontwikkeling (tot 2013) en daarna vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele aangeleenthede.[2]

Botes is sedert 2018 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika en sedert Mei 2019 die adjunkminister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking.[3]

Verwysings

wysig