Amintas III van Masedonië
Amintas III (Grieks: Ἀμύντας Γ), uit die Argeïese Dinastie, was in 393 v.C. en weer van 392 tot 370 v.C. koning van Masedonië.
Amintas III | |
---|---|
Koning van Masedonië | |
’n Stater, ’n ou Griekse muntstuk, met die kop van Amintas III.
| |
Tydperk | 393 v.C. 392 – 370 v.C. |
Grieks | Ἀμύντας Γ΄ |
Huis | Argeïese Dinastie |
Voorganger | Pausanias Argaios II |
Opvolger | Argaios II Alexander II |
Vrou | Eurydice I |
Kinders | Philippos II Perdikkas III Alexander II |
Vader | onbekend |
Moeder | Arrhidaeus |
Geloof | Griekse mitologie |
Bewind
wysigHy het aan die bewind gekom ná tien jaar van chaos ná die dood van Archelaos I, die beskermheer van kuns en die letterkunde. Hy het egter baie vyande tuis gehad. In 393 v.C. is hy deur die Illiriërs van die troon gedryf, maar in die volgende jaar het hy met die hulp van die Thessaliërs die troon herwin.
Danksy hout wat na Athene uitgevoer is, het die koninkryk se koffers vol geraak en daarmee saam het hul mag toegeneem. Daarna het Amintas nog bondgenootskappe gesluit.
Dood
wysigHy het drie seuns gehad: Alexander II, Perdikkas III en die jongste, die beroemde Philippus II, pa van Alexander die Grote. Amintas is op ’n gevorderde leeftyd dood en het die troon aan sy oudste seun, Alexander, nagelaat.
Eksterne skakels
wysig- Muntstukke van Amintas III
- Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia