Amoksisillien
Amoksisillien is 'n antibiotikum wat gebruik word vir die behandeling van 'n aantal bakteriële infeksies. Dit sluit onder meer middeloorinfeksie, keelontsteking, longontsteking, velinfeksies en urienweginfeksies in. Dit word gewoonlik per mond geneem, of minder gereeld deur inspuiting.[1][2]
Algemene newe-effekte sluit in naarheid, maagongemak en uitslag.[1] Dit kan ook die risiko van swaminfeksies verhoog en diarree as dit in kombinasie met klavulaansuur gebruik word. Dit moet nie gebruik word by diegene wat allergies is vir penisillien nie. Alhoewel dit bruikbaar is vir mense met nierprobleme, moet die dosis liefs verminder word. Die gebruik daarvan tydens swangerskap en borsvoeding blyk nie skadelik te wees nie. Amoksisillien is 'n lid van die beta-laktamfamilie van antibiotika.
Amoksisillien is een van die semisintetiese penisilliene wat deur Beecham-wetenskaplikes in 1958 ontdek is, en word sedert 1972 medies gebruik.[3][4] Dit is op die Wêreldgesondheidsorganisasie se lys van noodsaaklike medisyne. Dit is een van die mees voorgeskrewe antibiotika, ook by kinders.[5]
Die patentreg op amoksisillien het lank reeds verval, dus word amoksisillien- en ko-amoksiklavpreparate regoor die wêreld onder verskillende handelsname (sg. "generiese medisyne") bemark.[1][6] In 2018 was dit die sewentiende meeste voorgeskrewe medisyne in die Verenigde State, met meer as 31 miljoen voorskrifte.[7][8]
Amoksisillien word gebruik vir die behandeling van 'n aantal infeksies, insluitend akute otitis media, streptokokkale faringitis, longontsteking, velinfeksies, urienweginfeksies, Salmonella-infeksies, Lyme-siekte en chlamydia-infeksies.[1][9]
Akute otitis media
wysigKinders met akute otitis media wat jonger as 6 maande is, word gewoonlik met amoksisillien of ander antibiotika behandel. Alhoewel die meeste kinders met akute otitis media wat ouer as twee jaar oud is, nie baat vind by behandeling met amoksisillien of ander antibiotika nie, kan sulke behandeling nuttig wees vir kinders jonger as twee jaar met akute otitis media wat bilateraal is of gepaard gaan met oordreinering. In die verlede is amoksisillien drie keer per dag toegedien vir die behandeling van akute otitis media, wat gelei het tot gemisde dosisse. Daar is nou bewyse dat dosering een- of tweekeer per dag dieselfde effektiwiteit toon.
Asemhalingsinfeksies
wysigAmoksisillien en amoksisillien-klavulanaat word deur die riglyne aanbeveel as die middel van keuse vir bakteriese sinusitis en ander asemhalingsinfeksies.[9] Die meeste sinusitis-infeksies word veroorsaak deur virusse, waarvoor amoksisillien en amoksisillien-klavulanaat ondoeltreffend is, en die klein voordeel wat met amoksisillien verkry word, kan deur die nadelige gevolge oorheers word. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) beveel amoksisillien aan as eerstelinie behandeling vir longontsteking wat nie te ernstig is nie. Amoksisillien word gebruik na blootstelling aan ingeasemde antraks (miltsiekte) om siekteprogressie te halt en as voorkoming teen die siekte.
H. pylori
wysigDit is effektief as een bestanddeel van 'n multi-geneesmiddelregime vir die behandeling van maaginfeksies weens Helicobacter pylori. Dit word gewoonlik gekombineer met 'n protonpompremmer (soos omeprasool) en 'n makrolied-antibiotika (soos klaritromisien).
Velinfeksies
wysigAmoksisillien word soms gebruik vir die behandeling van velinfeksies.[9][10] Dit is dikwels 'n effektiewe behandeling vir gevalle van aknee vulgaris wat swak gereageer het met ander antibiotika, soos doksisiklien en minosiklien.[11]
Voorkoming van bakteriële endokarditis
wysigAmoksisillien word ook gebruik om bakteriële endokarditis te voorkom en as 'n pynstiller by mense met 'n hoë risiko wat tandheelkundige werk laat doen, om Streptococcus pneumoniae-infeksies te voorkom. In die Verenigde Koninkryk word die gebruik daarvan aanbeveel as endokarditis-infeksieprofilakse.[12]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Amoxicillin". The American Society of Health-System Pharmacists. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2015. Besoek op 1 Augustus 2015.
- ↑ "Amoxicillin Sodium for Injection". EMC. 10 Februarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2016. Besoek op 26 Oktober 2016.
- ↑ Fischer, Janos; Ganellin, C. Robin (2006). Analogue-based Drug Discovery (in Engels). John Wiley & Sons. p. 490. ISBN 978-3-527-60749-5. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2017.
- ↑ Roy, Jiben (2012). An introduction to pharmaceutical sciences production, chemistry, techniques and technology. Cambridge: Woodhead Pub. p. 239. ISBN 978-1-908818-04-1. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2017.
- ↑ Kelly, Deirdre (2008). Diseases of the liver and biliary system in children (3 uitg.). Chichester, UK: Wiley-Blackwell. p. 217. ISBN 978-1-4443-0054-3. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2017.
- ↑ "International brand names for amoxicillin". www.drugs.com. Drugs.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2016. Besoek op 15 November 2016.
- ↑ "The Top 300 of 2021". ClinCalc. Besoek op 18 Februarie 2021.
- ↑ "Amoxicillin Drug Usage Statistics". ClinCalc. Besoek op 18 Februarie 2021.
- ↑ 9,0 9,1 9,2 "Amoxicillin" (PDF). Davis. 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 8 September 2017. Besoek op 22 Maart 2017.
- ↑ "Adolescent Acne: Management". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2010.
- ↑ "Amoxicillin and Acne Vulgaris". scienceofacne.com. 5 September 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2012. Besoek op 17 Augustus 2012.
- ↑ "CG64 Prophylaxis against infective endocarditis: Full guidance" (PDF). NICE. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 12 November 2011. Besoek op 8 Junie 2011.
Eksterne skakels
wysig- "Amoxicillin". Drug Information Portal. U.S. National Library of Medicine.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |