Andrew de Blocq
Andrew Dirk de Blocq van Scheltinga (gebore 22 Januarie 1992), bekend as Andrew de Blocq, is 'n Suid-Afrikaanse voëlkenner en politikus wat sedert 2024 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika is, en die Demokratiese Alliansie verteenwoordig.
Andrew de Blocq | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 14 Junie 2024 | |
Persoonlike besonderhede
| |
---|---|
Gebore | 22 Januarie 1992 |
Politieke party | Demokratiese Alliansie |
Alma mater | Universiteit van Kaapstad (BSc, BScHons, MSc) |
Webtuiste | www |
Vroeë lewe en opvoeding
wysigDe Blocq is op 22 Januarie 1992 in Alkmaar, Nederland gebore. Hy het die Rondebosch Boys' Preparatory School (voorbereidingskool) in Rondebosch vir sy primêre opleiding bygewoon.[1] Hy was vir sy hoërskooljare by die St. Andrews College in Grahamstad in die Oos-Kaap op kosskool.[2] Na hoërskool het hy 'n oorbruggingsjaar in Edinburgh, Skotland, deurgebring.[2]
De Blocq het daarna na Kaapstad teruggekeer en aan die Universiteit van Kaapstad begin studeer waar hy in 2013 met 'n Baccalaureus Scientiae in Ekologie en Evolusionêre Biologie en Toegepaste Biologie gegradueer het, 'n honneursgraad in Biologiese Wetenskappe in 2014, en daarna 'n meestersgraad in Biologiese Wetenskappe in 2017. Hy het sy honneursgraadtesis oor die gevlekte hiëna gedoen en sy meestersgraadtesis wat op die uitwerking van bootgebaseerde toerisme op watervoëls gefokus het, is deur die FitzPatrick Institute of African Ornithology gedoen.[3]
Professionele loopbaan
wysigDe Blocq het tussen Oktober 2015 en Maart 2016 as 'n navorsingsprojekbestuurder by die Universiteit van Kaapstad gewerk en ook as 'n vryskut professionele voëlgids van 2015 tot 2017.[1] Hy het in 2018 by BirdLife Suid-Afrika aangesluit as 'n kusseevoëlbewaringsbestuurder voordat hy in 2020 'n Avitourism Projekbestuurder geword het.[4]
Politieke loopbaan
wysigDe Blocq was 'n deelnemer van die Demokratiese Alliansie se Jong Leiers-program in 2023.[2] Hy het in die 2024-algemene verkiesing as parlementêre kandidaat van die party vir Gauteng gestaan en is tot die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika verkies.[5] De Blocq is as die topkandidaat van die provinsie op die streekstembrief verkies. Sedert hy ’n LP geword het, was hy lid van die Portefeuljekomitee oor Bosbou, Visserye en Omgewing en is as partywoordvoerder vir die portefeulje aangestel.[6]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "Andrew de Blocq". Besoek op 18 Julie 2024.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 "Democratic Alliance Young Leaders Programme Class of 2023" (PDF). Democratic Alliance. Besoek op 18 Julie 2024.
- ↑ "Andrew de Blocq". Biodiversity Intactness for Africa (in Engels). 6 Augustus 2021. Besoek op 18 Julie 2024.
- ↑ "Andrew de Blocq | PANORAMA". panorama.solutions. Besoek op 18 Julie 2024.
- ↑ "The 400 MPs elected to the National Assembly - IEC - DOCUMENTS | Politicsweb". www.politicsweb.co.za (in Engels). Besoek op 18 Julie 2024.
- ↑ "Announcements, tablings and committee reports" (PDF). Parliament of South Africa. 8 Julie 2024. Besoek op 18 Julie 2024.