Angoulême
Angoulême (Saintongeais: Engoulaeme) is 'n Suid-Wes-Franse stad in die administratiewe gewes Nieu-Akwitanië en die prefektuur of hoofstad van die département Charente. Angoulême is op 'n heuwel aan die Charente-rivier geleë en beslaan 'n oppervlakte van 21,85 vierkante kilometer met 42 242 inwoners (2009).
Angoulême | |
---|---|
Die katedraal Saint-Pierre d'Angoulême | |
Koördinate: 45°38′56″N 0°09′39″O / 45.64889°N 0.16083°O | |
Land | Frankryk |
Gewes | Nieu-Akwitanië |
Département | Charente |
Arrondissement | Angoulême |
Kanton | Angoulême-Oos, Angoulême-Noord, Angoulême-Wes |
Regering | |
• Burgemeester | Xavier Bonnefont |
Oppervlak | |
• Stad | 21,85 km2 (8,44 vk. myl) |
Hoogte | 27–130 m (89–430 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 42 242 |
• Digtheid | 1 933/km2 (5 010/vk. myl) |
• Stedelik | 178 650 |
Poskode | 16000 |
Skakelkodes | 16015 |
Webwerf | angouleme.fr |
Angoulême het internasionale bekendheid verwerf met sy strokiesprent-sentrum Centre national de la bande dessinée et de l'image en die strokiesprent-fees Festival International de la Bande Dessinée d'Angoulême. Die stad is daarnaas met die amptelike titel Ville d'art et d'histoire ("Stad van kuns en geskiedenis") vereer en het tot 'n gewilde toeristetrekpleister ontwikkel.
As hoofstad van die historiese provinsie Angoumois, wat grootliks met die huidige département Charente ooreenkom, was Angoulême eeue lank 'n versterkte nedersetting by die kruispunt van belangrike handelsroetes wat verskeie kere beleër is. Vandag maak die stad deel uit van een van die mees geïndustrialiseerde streke in die gewes. Vanaf die 16de eeu was papiervervaardiging die belangrikste bedryf, later het ook metaalgieterye en elektromeganiese nywerhede ontstaan.