Anna Kournikova
Geslag | vroulik |
---|---|
Land van burgerskap | Rusland, Verenigde State |
Land vir sport | Rusland |
Naam in moedertaal | Анна Сергеевна Курникова |
Gegewe naam | Anna |
Familie naam | Kournikova |
Patronym or matronym | Sergeyevna |
Geboortedatum | 7 Junie 1981 |
Geboorteplek | Moskou |
Eggenoot | Sergei Fedorov |
Lewensmaat | Enrique Iglesias |
Kind | Lucy Iglesias, Nicholas Iglesias, Mary Iglesias |
Moedertaal | Russies |
Taalbeheersing | Russies, Engels |
Beroep | tennisspeler, model, socialite |
Alma mater | American School of Correspondence |
Woonplek | Miami |
Werksperiode (begin) | Oktober 1995 |
Werksperiode (einde) | Mei 2007 |
Lid van sportspan | Russia Billie Jean King Cup team |
Geloof | Oosters-Ortodokse Kerk |
Sport | tennis |
Sportdissipline waaraan deelgeneem het | tennis singles, tennis doubles |
Singles record | 209–129 |
Doubles record | 200–71 |
Handigheid | regshandigheid |
Playing hand | two-handed backhand, regshandigheid |
Deelgeneem aan | tennis at the 1996 Summer Olympics |
Amptelike webwerf | http://www.kournikova.com/ |
Oorwinning | 1999 Australian Open – women's doubles |
Anna Sergeyevna Kournikova (gebore 7 Junie 1981) is 'n Russiese model en televisiepersoonlikheid, en voormalige beroepstennisspeler. Haar voorkoms en celebrity status het haar een van die bekendste tennissterre wêreldwyd gemaak. Op die hoogtepunt van haar roem het aanhangers op soek na beelde van Kournikova haar naam een van die mees algemene soekstringe gemaak op "Google Search".[1][2][3]
Ten spyte daarvan dat sy nooit 'n enkelspeltitel gewen het nie, het sy nr. 8 in die wêreld geword in 2000. Sy het groter sukses behaal met die dubbelspel, waar sy soms die wêreld nr. 1-speler was. Met Martina Hingis as haar dubbelspelmaat, het sy in 1999 en 2002 Grand Slam-titels in Australië gewen, en die WTA-kampioenskappe in 1999 en 2000. Hulle het na hulself verwys as die "Spice Girls of Tennis".[4][5]
Kournikova het in 2003 uit professionele tennis getree weens ernstige rug- en ruggraatprobleme.[6] Sy woon in Miami Beach, Florida, en het af en toe in uitstallings en in dubbelspel vir die St. Louis Aces van World Team Tennis gespeel voordat die span in 2011 gevou het.[7] Benewens haar tennis- en televisiewerk, dien Kournikova as 'n wêreldambassadeur vir Population Services International se "Five & Alive"-program, wat gesondheidskrisisse aanspreek wat kinders onder die ouderdom van vyf en hul gesinne in die gesig staar.[8]
Verwysings
wysig- ↑ "2001 Year-End Google Zeitgeist: Search patterns, trends, and surprises". Besoek op 8 Julie 2009.
- ↑ "2002 Year-End Google Zeitgeist: Search patterns, trends, and surprises". Besoek op 8 Julie 2009.
- ↑ "2003 Year-End Google Zeitgeist: Search patterns, trends, and surprises". Besoek op 9 Julie 2009.
- ↑ Harper, Tony (29 Januarie 1999). "Hingis-Kournikova Win Australian Open Doubles". The Washington Post. Besoek op 10 Maart 2017.
- ↑ Gallagher, Brendan (29 Junie 2010). "Wimbledon 2010: Anna Kournikova and Martina Hingis lend some spice to Court Two". The Daily Telegraph. UK. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2022. Besoek op 5 Mei 2016.
- ↑ Myles, Stephanie (18 Februarie 2010). "Alla Kournikova – not mother of the year". The Gazette. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2014. Besoek op 10 Augustus 2013.
- ↑ "Players – Info – Anna Kournikova". Sony Ericsson WTA Tour. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2009. Besoek op 10 Maart 2012.
- ↑ "Anna Kournikova in Haiti, Day One: Child Survival". The Daily Traveler. 27 Februarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2011. Besoek op 25 Augustus 2011.