Antoniem

Woordpaar wat teenoorgestelde betekenisse het

'n Antoniem, van die Grieks anti ("teenoorgestelde") en onoma ("naam"), is 'n woordpaar wat teenoorgestelde betekenisse het, soos "dag" en "nag", "warm" en "koud" en "op" en "af".

Antonieme is slegs van toepassing op die betekenis van woorde en nie die werklike konsepte wat die woorde onderlê nie. "Kind" en "ouer" is byvoorbeeld antonieme, maar iemand wat 'n ouer is, mag ook weer 'n ander persoon se kind wees.

Voorbeelde

Voorbeelde van antonieme:

A

  • aaklig – mooi, aangenaam, lekker, heerlik,opwindend
  • aan — af
  • aan (vas) – los
  • aanbeland – weggaan, vertrek
  • aanbeveel – afkeur, afwys
  • aanbeveling – afkeuring, afwysing
  • aanbid – minag, haat
  • aanbind – losbind
  • aanblaas – doodblaas
  • aanbly – vertrek, weggaan
  • aanbod – vraag
  • aand – oggend, dagbreek, vroegdag, skemerdag, dagbreek, hoenderkraai, daglumier
  • aandag – onopmerksaamheid, onoplettendheid, aandagloosheid, afgetrokkenheid
  • aandagtig – onoplettend, onopmerksaam, afwesig, afgetrokke
  • aandblad – oggendblad, oggendkoerant
  • aanddiens – oggenddiens, môrediens
  • aandpak – dagpak, dagklere
  • aandpraatjie – môrepraatjie
  • aandraai – losdraai
  • aandrok – dagrok, kort rok
  • aandrooi – môrerooi
  • aandruk – sloer, luier, talm
  • aandryf – keer, laat ophou
  • aandskof – oggendskof, dagskof
  • aandstond – môrestond, morestond, oggendstond
  • aandurf – beëindig, eindig
  • aaneen – onderbroke, afgebroke, sporadies
  • aaneengeslote – oop, onderbroke, los, uiteen
  • aaneenlas – losmaak, uiteengooi
  • aaneenlopend – los, oop, onderbroke
  • aaneenskakel – losmaak, uitmekaarmaak, ontbind
  • aaneenskakeling – losmaking; ontbinding
  • aaneenskryf – los skryf, los skrywe
  • aaneensluit – losmaak, ontbind, uitmekaarmaak
  • aaneensmee – losmaak, uitmekaarmaak, uitmekaarhaal
  • aangaan – ophou, staak; beëindig, eindig
  • aangebore – onnatuurlik; verworwe
  • aangedaan – vrolik, opgewek, laggend, bly
  • aangee – neem, vat, terugneem, terugvat
  • aangeklaagde – aanklaer, klaer
  • aangeklam – nugter
  • aangekomene – vertrekkende
  • aangenaam – onaangenaam; onvriendelik, ongaaf, stuurs, goor
  • aangeprys – afgekeur, afgewys
  • aangeskrewe – ongeag, ongeëer; onbekend
  • aangespe – losgespe, losmaak
  • aangesprokene – spreker, prater, taalgebruiker
  • aangetrek – kaal, naak, onaangetrek
  • aangetrokke – onbekoor, onaangetrokke, afstotend, afstootlik
  • aangewese – ongeskikste, onbevoegdste, onaangewese, nie–aangewese
  • aangord – losgord, losbind, lostrek
  • aangrensend – nie–aangrensend, ver, nie–aanliggend
  • aangroei – verminder, afneem
  • aangryns – toelag
  • aangryp – los, loslaat
  • aangrypend – onaangeraak, onbetrokke; lelik, afskuwelik
  • aanhaak – losmaak, afhaal; losmaak, uitspan
  • aanhaal – losmaak, afhaal; lostrek, uitmekaarhaal
  • aanhalig – onvriendelik, stuurs, afstootlik
  • aanhang – teenstanders, opposisie
  • aanhang – losmaak, afhaak, afhaal
  • aanhanger – teenstander, vyand; leier, meester
  • aanhanklik – los, ontrou; liefdeloos, onbelangstellend
  • aanhef – epiloog, sluitstuk, slot, einde, naskrif, nawoord
  • aanhef – afsluit, beëindig
  • aanheg – losmaak, afhaal, lostrek, uitmekaartrek
  • aanhelp – keer, verhinder, stuit, belemmer
  • aanhits – keer, kalmeer, laat bedaar
  • aanhoor – praat, sê
  • aanhorig – nie–behorend, vreemd
  • aanhou – ophou, staak; vrylaat, loslaat
  • aanhoudend – ophoudelik, sporadies, kort, afgebroke, af en toe
  • aanhouding – vrylating, loslating; onderbreking
  • aanhouer – staker, tou–opgooier
  • aanja – luier, sloer, draal
  • aankant – deurmekaar, onnet, vuil
  • aankeer – wegkeer, wegja, voortja; vrylaat, loslaat
  • aankla – vryspreek
  • aanklaer – verdediger
  • aanklam – droogmaak, droog, droë
  • aanklamp – losmaak, afhaal
  • aanklee – uittrek, uitklee
  • aankleef – los, losmaak
  • aanklewing – losmaking
  • aanklink – uitmekaarhaal, losmaak
  • aanknip – afsnit, afskakel
  • aanknoop – losknoop, losmaak; eindig, beëindig
  • aanknopingspunt – eindpunt; einde, slot
  • aankom – weggaan, vertrek; verder gaan; bly
  • aankomde – verlede, laas
  • aankomeling – vertrekker, voortganer; kenner, gesoute; volwassene, grootmens
  • aankomende – verlede, laas, passeerde
  • aankoms – vertrek, weggaan
  • aankoop – verkoop, van die hand sit
  • aankruie – voortstap, stad, drafstap; hardloop
  • aankry – uittrek, uitkry; verloor
  • aankyk – wegkyk
  • aanlag – aangluur, aangryns, begluur
  • aanland – vertrek, weggaan
  • aanlap – losmaak, uitmekaarhaal, loswerk
  • aanloklik — afstootlik
  • aanstel — afdank
  • armoede – rykdom
  • aktief – onaktief

B

  • baie – min
  • beter – slegter
  • bombasties – teruggetrokke
  • bekend-ondbekend

C

  • chaos – orde, kosmos
  • chronies – akuut
  • chronologies – achronologies
  • cul–de–sac (doodloopstraat) – deurpad, deurloopstraat

D

  • dom – slim
  • dronk – nugter

E

  • eerlik – oneerlik

F

  • faal – slaag, regkry
  • faam – berugtheid
  • fabelagtig – waar, geloofbaar
  • fakultatief – verpligtend, verplig
  • fameus – onbekend
  • familiêr – vreemd, afwysend, stug
  • fantasie – werklikheid, realiteit
  • fantasties – werklik, reëel
  • fassineer – verveel
  • fatsoenlik – onfatsoenlik, ongemanierd
  • fauna (uitgespreek fa–oena) – flora, plantlewe
  • fees – begrafnis
  • feestelik – gedemp, somber
  • feit – denkbeeld, idee, voorstelling, abstraksie
  • feitedwaling – regsdwaling, error juris
  • feitlik – net nie, glad nie
  • fel – lig, swak
  • fier – slap, pap
  • fiets – motorfiets
  • figuratief – nie-figuratief
  • figuurlik – letterlik
  • fiks – onfiks, swak, pap
  • fiksie – nie-fiksie, feiteliteratuur
  • filantroop – misantroop, onderdrukker, mensehater
  • filiaal – moedersaak, moederwinkel, moedermaatskappy, hoofmaatskappy
  • finaal – aanvanklik, beginnend, openend
  • fisiek – geestelik
  • fisies – geestelik
  • flagrant – verskuil
  • flegma – opgewondenheid, onduurte, onrustigheid
  • flegmaties – opgewonde, onrustig
  • flets – helder, skerp
  • fleur – ouderdom, herfstyd, winter, afgeleefdheid
  • flikker – skyn, blink
  • flink – dooierig, lusteloos, pap, vaal, lui
  • flora – fauna, diereryk
  • floreer – verwelk, doodgaan
  • flou – bewus, fluks, sterk, lewendig
  • flouiteit – pittigheid, geestigheid
  • floute – bewustheid
  • fluister – bulder, hard praat, duidelik praat, openlik sê
  • fluks – lui, onwillig, traag
  • flussies – lankal, lank gelede
  • fondament – bobou, gebou
  • formeel – informeel, gemoedelik, natuurlik
  • fors – tingerig, kragloos, pieperig, swak
  • forte – piano, sag
  • fout – juistheid, korrektheid
  • foutief – juis, reg, korrek
  • foutloos – onsuiwer, vuil
  • fraai – lelik, onsierlik, grof
  • fraksie – geheel
  • frank – onvrymoedig, bedek
  • frase – sin, volsin, periode
  • frekwent – soms, sporadies
  • fris – swak, pap, muf, oud
  • front – agterkant, agteraansig
  • frustrasie – oplugting, verligting
  • frustreer – help, aanhelp, deurhelp
  • fundamenteel – afgelei
  • fusie – splyting, splitsing, verdeling
  • futloos – energievol, energiek, fluks
  • futuristies – oudtyds, antiek, modern
  • fyn – grof, ru, dik, onfyn
  • fynbesnaar – grof, ru, ongevoelig, onsensitief
  • fynmeel – growwe meel, bruinmeel

G

  • gaaf – nors, afstootlik, bars, onaangenaam, stukkend, gekeep
  • gaan – kom, aankom, arriveer
  • gaande – stil, ingetoë, rustig, luierend
  • gaandeweg – gou, onmiddellik, dadelik
  • galant – onbeleefd, onhoflik, ongemanierd, stuurs, ru
  • galbitter – stroopsoet, siet
  • galop – draf, stap
  • gangbaar – onbevredigend, onbruikbaar, swak
  • gans – glad nie
  • gansegaar – niks
  • gasvry – onvriendelik, stug, koud
  • gat – kop, bokant
  • gebarespel – geluidspel, hoorspel, drama, toneelopvoering
  • gebaretaal – praat, taalgebruik
  • gebied – luister, hoor, gehoorsaam
  • gebiedend – gehoorsaam, inskiklik
  • geboorte – sterfte, dood, oorlye
  • gebrekkig – heel, foutloos, goed, reg
  • gebreklik – welgeskape
  • gebroke – heel, reguit, opgewek
  • gebruik – ongebruik, verouderdheid
  • gebruik – misbruik
  • gebruiklik – ongebruiklik, ongewoon
  • gebukkend – regop
  • gedaan – energieryk, fluks, lewendig, volop, baie
  • gedagteloos – nadenkend
  • gedeë – vermeng, gemeng
  • gedeelte – geheel, voltooidheid
  • gedeeltelik – heeltemal, geheel
  • gedemp – leeg, hard, hardop
  • gedenk – vergeet
  • gedetailleer – breedweg, algemeen, oorsigtelik, sinopties, samevattend
  • gedetermineerd – weifelend, onseker
  • gedienstig – gebiedend, oorheersend
  • gedig – roman, prosawerk
  • gedoriewaar – glad nie, geensins, nottendêm
  • gedraai – haas, vinnigheid, spoed, fluksheid
  • gedug – klein, onbenullig, swak, nikswerd
  • geduld – ongeduld, onverdraagsaamheid
  • gedurig – soms, af en toe, sporadies
  • gedwee – koppig, balhorig, stuurs, dwars
  • gedwonge – vrywillig, natuurlik, ongekunsteld, opreg, eg
  • gedy – sterf, afsterf, verknot, kwyn
  • gee – neem, vat
  • geen – almal, iedereen, elkeen
  • gees – liggaam, vlees
  • geesdodend – opwekkend, interessant, afwisselend, dinamies
  • geesdrif – papheid, leweloosheid, futloosheid
  • geestelik – liggaamlik, lyflik, wêrelds; ongodsdienstig, verstandeloos, onintellektueel
  • geestelike – leek, lekeprediker
  • geestesarbeid – liggaamwerk, liggaamlike inspanning, arbeid
  • geestesgesteldheid – liggaamsgesteldheid
  • geesteskrag – papheid, lamsakkigheid, energieloosheid, daadloosheid
  • geestig – droog, droogstoppelrig, humorloos
  • gegoed – arm, onbemiddeld
  • gegroef – glad, plooiloos
  • gehard – sag, gevoelig, onbestand
  • gehawend – heel, onbeskadig, onaangeraak
  • geheel – deel, gedeelte, onderdeel, subgeheel
  • geheel – gedeeltelik
  • geheelonthouer – alkoholis, drinker, drankverslaafde, verslaafde
  • geheg – los van, ongebonde
  • geheim – openbaarheid, openbaarmaking, openlikheid, verklaarbaarheid
  • geheim – openbaar, publiek
  • geheimenis – openbaarmaking, bekendmaking, bekendstelling
  • geheimsinnig – openlik, bekend
  • geheue – vergeetagtigheid
  • gehoorsaam – ongehoorsaam
  • gehuggie – stad, woning
  • gehuud – ongehuud, ongetroud
  • geil – skraal, onvrugbaar
  • gejaag – rustig, stil, kalm
  • gek – normaal, ernstig
  • gekant – daarvoor, pro, vir
  • gekheid – slimheid
  • geklik – ernstig, sedig
  • gekonfyt – onbedrewe, lomp, onervare, onkundig
  • gekunsteld – ongekunsteld, natuurlik
  • gelate – opstandig, murmererend
  • gelatenheid – opstandigheid, murmurering
  • geldadel – erfadel, adel
  • geldgierig – mededeelsaam, onselfsugtig
  • geldig – ongeldig
  • geldigverklaring – ongeldigverklaring, invalidasie
  • geldskieter – lener, geldlener
  • gelede – toekomstig, toekomend
  • geleë – ongeleë, onvanpas, ongeskik
  • geleerd – nie–geleerd, nie–opgevoed, ongeleerd
  • geleidelik – vinnig, onmiddellik, oombliklik, dadelik, skielik
  • geletterd – ongeletterd
  • geliefkoosde – gehate, afgekeurde
  • geloof – ongeloof, heidensheid
  • geloofwaardig – ongeloofwaardig, onbetroubaar
  • geluk – ongelukkigheid, ongeluk, smart, onheil
  • geluk – misluk
  • gelukkig – ongelukkig, treurig, smartlik
  • geluksbode – ongeluksbode, jobsbode
  • gelukskoot – ongeluk, mislukking, teenspoed
  • gelyk – ongelyk, oneffe, bulterig
  • gelyke – ongelyke
  • gelykheid – ongelykheid
  • gelykmatig – ongelykmatig, ongelyk
  • gelyksoortig – ongelyksoortig, heterogeen
  • gelykstroom – wisselstroom
  • gelyktydig – ongelyktydig
  • gelykvormig – verskillend, heterogeen
  • gemaak – opreg, natuurlik, ongekunsteld
  • gemak – ongemak
  • gemaklik – ongemaklik, ongerieflik, moeilik
  • gemanierd – ongemanierd
  • gemaniëreerd – natuurlik, ongekunsteld
  • gematig – ongematig, oordrewe, onbesadig
  • gemeenskap – individu, enkeling
  • gemeenskaplik – individueel
  • gemeng – eensoortig, ongemeng
  • gemiddeld – buitengewoon, bogemiddeld, ondergemiddeld, bonormaal, ondernormaal
  • gemiddelde – uiterste
  • gemoedelik – nors, bars, stuurs, onvriendelik, onaangenaam
  • gemoeid – ongemoeid, onbetrokke
  • gemors – voortreflikheid, knapheid
  • genaakbaar – ongenaakbaar, ontoeganklik
  • genade – ongenade; geregtigheid
  • genadeloos – genadig
  • geneig – ongeneig, ongeneë
  • generaal – weerman, burger
  • generatiewe voortplanting – vegetatiewe voortplanting
  • generies – spesifiek
  • geniaal – idioties, imbesiel
  • genialiteit – domheid
  • genie – idioot, imbesiel, moroon (die normale IK is 100: 'n idioot het 'n IK van 25 en minder, 'n imbesiel tussen 25 – 40; 'n moroon tussen 40 – 60; grensgevalle van tussen dom en swaksinnig is tussen 60 – 70; dommes tussen 70 – 90; normales tussen 90 – 110; superieures tussen 110 – 120; hoog superieures tussen 120 – 140. Genieë het 'n IK bo 140 – 'n 10-jarige genie sal dus 'n verstandsouderdom van 'n 14+-jarige hê, terwyl 'n idioot dié van 'n 2½-jarige het).[1]
  • geniepsig – liefderik, sag, strelend
  • genoeglik – ongenoeglik, onaangenaam
  • genoegsaam – ongenoegsaam, te min, te weinig, onvoldoende
  • geometrie – algebra, stelkunde
  • geoorloof – ongeoorloof, onwettig
  • gepaard – ongepaard, enkel, een–een
  • gepas – ongepas, onbetaamlik, inopportuun, ongeleë
  • gepeupel – aristokrasie, adel, hoë stand
  • geraak – ongeërg, ongeraak, gaaf
  • geraas – stilte, kalmte
  • geraffineer – grof, onverfyn, ongeraffineer
  • geredelik – onbereidwillig, stuurs, koppig
  • gereed – ongewillig, onvoorbereid, onbeskikbaar
  • gereeld – ongereeld, onreëlmatig, sporadies, af en toe
  • gereg – onderwêreld, misdadigers
  • geregtelik – ongeregtig
  • geregtigheid – ongeregtigheid, onreg, onbillikheid, onregverdigheid
  • geregverdig – ongeregverdig, onwaar, onjuis
  • gerek – bondig, kort, onomwonde
  • gereserveer – ongereserveer, onbespreek; voor op die wa, vrymoedig
  • gerief – ongerief, ongemak
  • gerieflik – ongerieflik, ongemaklik
  • gering – groot, groots, omvangryk; baie; belangrik; aansienlik.
  • geringskat – hoogskat
  • geroepe – verbygaan, ongeroepe, vergete
  • gerug – bevestiging, bevestigde berig
  • geruis – stilte, kalmte, geruisloosheid
  • geruisloos – hard, lawaaierig, rumoerig
  • gerus – ongerus, onrustig, bevrees, bekommerd
  • gesag – onderworpenheid, ondergeskiktheid
  • gesaghebbend – onderworpe, onderdanig
  • gesaghebbende – ondergeskikte, onderdanige
  • gesamentlik – gedeeltelik, verdeel, versprei enkeld, een–een
  • gesang – praat, pratery, gepraat
  • geseën – verdoem, veroordeel, vervloek
  • gesegde – onderwerp, naamwoorddeel, naamwoordstuk
  • gesellig – ongesellig, onvriendelik, onaangenaam
  • geset – slank, maer, dun
  • gesiene – geminagte, mindere, lae
  • geskik – ongeskik, onpas, onbruikbaar; ongemanierd
  • geskool – ongeskoold, onbedrewe, ongeleerd
  • geslepe – eerlik, opreg, openlik
  • geslote – oop, gemeensaam, spraaksaam
  • gesog – natuurlik, ongekunsteld, ongewild, onpopulêr
  • gesond – siek, ongesond, swak, bedorwe, kunsmatig
  • gespanne – ontspanne, gemoedelik, vriendelik, goedgesind
  • gespe – losgespe, losmaak
  • gespuis – wetsgehoorsames, ordentlikes
  • gestadig – ongestadig, onderbroke, ongereeld, onreëlmatig
  • gesuiwer – vuilgemaak
  • geswolle – natuurlik, eg, onversierd
  • getitel – ongetitel, naamloos
  • getrou – ontrou, onbetroubaar, onnoukeurig
  • getroud – ongetroud, enkel, enkellopend, alleenlopend, ongehuud
  • geurig – stinkend, onwelriekend
  • gevaar – ongevaar, gevaarloosheid, veilig
  • gevaarlik – veilig
  • gevangenis – vryheid
  • gevestig – tydelik, onvas, beweeglik
  • gevleuel – ongevleuel, vlerkloos
  • gevoelig – gevoelloos, ongevoelig, onsensitief, grof
  • gevoelvol – gevoelloos
  • gevolg – oorsaak, rede
  • gewaagd – mak, ongevaarlik, veilig
  • gewapen – ongewapen, onbewapen, onvoorbereid
  • geweld – geweldloosheid, sagtheid, vreedsaam
  • geweldig – tingerig, tengerig, klein, onopmerklik, nietig
  • geweldig – min, weinig, nietig
  • gewens – ongewens, onwenslik
  • gewese – toekomstige, aanstaande, komende
  • gewestelik – algemeen, standaard, algemeen–beskaafd, landswyd (het betrekking op taal)
  • gewettig – ongewettig, ongeregverdig
  • gewigtig – nie–ernstig, lughartige, skertsend, ligweg, onbelangrik
  • gewild – ongewild, onpopulêr
  • gewis – onseker, nie, glad nie
  • gewoon – buitengewoon, spesiaal, ongewoon, opvallend, buitenissig, eksentriek
  • gewoond – onvertroud, vreemd
  • gewoonlik – soms, af en toe, nou en dan, dan en wan
  • geyk – ongeyk, vars, nuut, opvallend (het betrekking op taal)
  • gids – volgeling, volger, reisiger, toeris
  • gierig – mededeelsaam, vrygewig
  • gierigheid – uitdeler, vrygewige, mededeelsame, gulhartige
  • giftig – liefdevol, goed
  • gimnosperm – angiosperm, bedeksadige, bedeksadige plant
  • gimnospermies – angiospermies, bedeksadig
  • glad – ru, grof
  • glans – dofheid, ondeursigtigheid
  • glans – verdof, dof skyn
  • glashelder – onduidelik, ingewikkeld, moeilik, duister
  • glibberig – stewig, grof, ru
  • gloedvol – glansloos, ongeesdriftige, lou
  • gly – vassteek, vassit
  • God – duiwel, Satan
  • goddeloos – gelowig, Christelik, eerbiedig, soet
  • godloënaar – gelowige, bekeerde, Christen
  • godsadvokaat – duiwelsadvokaat, advocatus diaboli
  • godsdiens – goddeloosheid
  • godsman – ongelowige, onbekeerde, ateïs
  • godvresend – godloënend, ateïsties
  • goed – kwaad, slegte
  • goed – sleg, swak, nikswerd
  • goedaardig – kwaadaardig, sleg, kwaai
  • goeddunke – afkeuring
  • goedgunstig – onwelwillend, ongaaf
  • goedhartig – sleghartig, liefdeloos
  • goedkeur – afkeur
  • goedkeuring – afkeuring
  • goedkoop – duur, duursaam, skaars
  • goedpraat – slegpraat
  • goedskiks – kwaadskiks
  • goeiewyn – stookwyn, distilleerwyn
  • gomtor – fat, laventelhaan
  • goor – vars, nuut, verfrissend
  • gou – later, stadig, uiteindelik
  • gouigheid – stadigheid, sloerdery, gesloer
  • gourmand – gourmet, fynproewer
  • gourmet – gourmand, vraat, smulpaap
  • gradueel – skielik, onmiddellik, springend
  • grasieus – grasieloos, lomp, stokkerig
  • gratis – verskuldig, te betaal
  • gravisaksent – akuutaksent, akuut
  • grensloos – begrens, beperk, eindig
  • gretig – onbegerig, onbelangstellend
  • gretigheid – ongretigheid, onhulpvaardigheid
  • grimas – glimlag, lag
  • grimmig – geduldig, vriendelik, lankmoedig
  • groei – kwyn, agteruitgaan, verswak, verminder, verklein
  • groeiende – kwynende, verswakkende, verminderende
  • groen – ryp, bekwaam, ervare, wys
  • groep – individu, enkeling
  • grof – fyn, tingerig, tengerig, dun, klein, verfynd, afgewerk, beskaafd
  • grond – hemel, lug
  • grondbeginsel – afleiding, deduksie
  • grondig – oppervlakkig, ondeurdag, ligweg
  • grondlaag – bolaag, toplaag, boonste laag, boverf
  • grondstof – produk, bewerkte stof, bewerking
  • grondvlak – bovlak, verhewe vlak, verdieping
  • groot – klein, onbelangrik
  • grootbek – beskeie mens, teruggetrokkene
  • grootderm – dunderm
  • grootdoenerig – beskeie, natuurlik, sober
  • grootdoenery – natuurlikheid, soberheid, beskeidenheid
  • groothandel – kleinhandel
  • grootheid – kleinheid, onbelangrikheid
  • grootjie – agterkleinkind
  • grootmoedig – kleinlik, selfsugtig
  • grootouer – kleinkind
  • grootpad – plaaspad
  • groots – klein, onbenullig, onopvallend
  • grootskaals – kleinskaals
  • grootstad – stad, dorp
  • grotesk – gewoon, alledaags
  • grou – afwisselend, opgewek, vrolik, opwekkend
  • growwerig – glad, gladderig
  • growwerigheid – gladheid, gladdigheid, gelykheid
  • gruwelik – aantreklik, aanvallig, mooi, pragtig, beeldskoon
  • grynslag – lag, glimlag
  • gryse – jongste, resente
  • gul – ongasvry, onvriendelik, grypsugtig, benepe
  • gulhartig – suinig, stuurs, nors, onvriendelik
  • gulsig – matig
  • gun – beny
  • guns – onguns
  • gus – vrugbaar, fertiel
  • guur – kalm, rustig, plesierig, aangenaam (het betrekking op die weer)

H

  • haat — liefde
  • hoog - laag

J

  • ja — nee
  • jammer — vreugde, blydskap
  • (ge)jammer — lag, bly wees
  • jammerhartig — hardvogtig
  • jammerlik — opwekkend, opgewek, vreugdevol
  • jawoord — neewoord, afwysing, nee
  • jeug — ouderdom, afgeleefdheid
  • jeugdig — oud, volwasse
  • jingo — vaderlander, patriot
  • joie de vivre — treurigheid
  • jolig — treurig
  • jong / jonk — oud
  • jongetjie — meisie, dogter, meisiekind, dogterkind
  • jongmense — oumense
  • jubel — treur, huil, ween
  • juig — huil, treur, ween
  • juis — onjuis, foutief, inkorrek
  • juistheid — onjuistheid, fout
  • junior — senior, ouere

M

  • maer – vet
  • mooi - lelik
  • massief - klein
  • min - baie
  • matig - gulsig
  • man - vrou

N

  • netjies – onnetjies
  • nors - vriendelik
  • nag - dag

O

  • opgewonde – hartseer
  • opgewek – neerslagtig

P

  • paar – baie, heelwat, talle
  • padlangs – agteraf, oneerlik
  • pap – styf, stewig, karaktervas
  • papbroek – man, held; werker
  • papnat – kurkdroog
  • paraat – onvoorbereid, onparaat
  • paradys – hel
  • parallel – onewewydig, ongelyk, verskillend
  • paralogisme – sofisme
  • parmantig – inskiklik, gehoorsaam
  • part – geheel
  • partydig – onpartydig, onbevooroordeeld
  • partykeer – altyd, steeds
  • pas – lankal, lank gelede
  • paslik – onpaslik, onbetaamlik, ongepas
  • passend – nie–passend, onpassend, ongepas, onbehoorlik, onbetaamlik
  • passief – aktief, aktiefvorm, bedrywende vorm
  • passief – aktief
  • pejoratief (ongunstig) – amelioratief, gunstig
  • perigee – apogee, apogeum, toppunt
  • periodiek – ongereeld, sporadies
  • permanent – tydelik, onvas
  • permitteer – verbied, weier
  • perpetueer – beëindig
  • persoonlik – onpersoonlik
  • pervers – goed, regskape, natuurlik, skoon
  • pessimis – optimis
  • pessimisties – optimisties
  • piek – dal, vallei
  • piepjonk/piepjonk – horingoud
  • pikdonker – helder, lig; helderlig
  • pitboom – entboom
  • plaasjapie – stadsjapie, dorpsjapie
  • plaaslewe – stadslewe, dorpslewe
  • plafon – vloer, vloerbedekking
  • plafonprys – vloerprys, minimumprys
  • plankdun – spekvet
  • planmatig – onsistematies, onstelselmatig, onordelik, deurmekaar, chaoties
  • planteryk – diereryk
  • plat – skuins, ongelyk; verhewe
  • plato – laagland, kusvlakte, kusgebied
  • platslaan – oprig, bou
  • platteland – stad
  • plattelander – stedeling, stadsbewoner, stadsjapie
  • plebejer – patrisiër, beskaafde mens
  • plebs – snobs
  • plesier – treurigheid, pyn, onplesierigheid, ongelukkigheid
  • plesierig – treurig, onplesierig, ongenietlik,
  • pligsgetrou – ongetrou, nalatig, ontrou, slap, gewetenloos
  • plomp – skraal, dun, maer
  • plooibaar – styf, strak, onbuigsaam
  • pluralisme – monisme
  • plus – minus
  • plusteken – minusteken
  • plutokraat – armlastige, bedelaar
  • poëtaster – digter, poëet
  • polifonie – homofonie, monofonie
  • poligamie – monogamie
  • polisemie – sinonimie, homonimie
  • polisillabies – monosillabies, eensillabig
  • politeïsme – monoteïsme
  • positief – negatief
  • positief – negatief, ontkennend
  • postdateer – antedateer, terugdateer
  • postlude – prelude, voorspel
  • postnataal – prenataal, voorgeboortelik
  • power – ryk, goed, uitstekend
  • praat – stilbly, swyg
  • prag – lelikheid
  • pragmaties – teoreties
  • pragtig – lelik, afskuwelik
  • prakties – teoreties, abstrak
  • praktyk – teorie
  • predikaat – subjek, onderwerp
  • prehistorie – geskiedenis, beskrewe geskiedenis
  • prehistories – histories, geskiedkundig
  • preliminêr – finaal
  • prelude – postlude, naspel
  • prenataal – postnataal, nageboortelik
  • presies – onpresies, onnoukeurig
  • presto – largo, lento, adagio
  • pretensie – beskeidenheid, nederigheid
  • prettig – onprettig, onaangenaam
  • prikkelbaar – gelykmatig, goedgehumeurd, kalm, onverstoord
  • primêr – sekondêr
  • prinsipaal – assistent, onderwyser
  • prinsipale – assistente, onderwyseres
  • privaat – publiek, openbaar
  • privaatreg – publiekereg, publieke reg
  • produktief – onproduktief, onvrugbaar
  • produsent – verbruiker, konsument
  • proefhoudend – ongeskik, gehalteloos
  • proefondervindelik – apriories
  • profaan – heilig, Christelik, gewyd
  • profanasie – heiliging, verering
  • professioneel – amateur
  • progressie – regressie, agteruitgang
  • progressief – regressief
  • prohibitief – permissief, toelatend, toegeeflik
  • proloog – epiloog
  • promoveer – demoveer
  • pront – hakkelend, stadig, sukkelend, lomp
  • proporsioneel – onproporsioneel, oneweredig
  • propvol – dolleeg
  • prosa – poësie
  • protagonis – antagonis, opponent, teëstander, teenstander
  • provisioneel – permanent, vas, finaal
  • psige – liggaam
  • psigies – liggaamlik, fisies, fisiek
  • publiek – geheim, privaat
  • publiekreg – privaatreg
  • puik – vrot, swak, nikswerd
  • punt – lyn, streep
  • puntespel – syferspel
  • puntig – stomp
  • puur – onsuiwer
  • pylreguit – hoepelkrom

S

  • saam – alleen
  • siek – gesond
  • slaap – wakker
  • stilte – geraas
  • slaag – druip; agtergehou
  • soebat – beveel
  • slim – dom

U

  • uit — in
  • uitasem — inasem
  • uitbetaal — inbetaal, ontvang
  • uitblaas — aanblaas
  • uitbly — inkom, opdaag, verskyn
  • uitbou — verklein, beperk, inperk
  • uitbrei — inperk, verklein, verminder
  • uitbreiding — inkorting, inperking, verkleining
  • uitbundig — teruggetrokke, ingehoue, treurig
  • uitdraai — indraai
  • uitdruk — indruk, inpers
  • uitdrukkingloos — uitdrukkingsvol
  • uitdrukkingsvol — uitdrukkingloos
  • uitdruklik — verhole, implisiet, onduidelik
  • uitdryf — indryf, injaag
  • uitdy — inkrimp, verklein, verminder
  • uiteen — bymekaar, ineen, verstrengel
  • uiteenlopend — eenders, dieselfde, eensoortig
  • uiteinde — begin, aanvang
  • uiterlik — diepgaande, innerlik, werklik
  • uiterste — minste, kleinste, naaste
  • uitgaan — ingaan, ingang, begin
  • uitgaan — ingaan, binnegaan
  • uitgaande — inkomende
  • uitgang — ingang, ingangsopening, woordbegin
  • uitgawe — inkomste
  • uitgebrei — beperk, ingekort, verkort, klein
  • uitgedien — nuut, vars, oorspronklik
  • uitgedruk — ingedruk
  • uitgee — ontvang, kry, verkry
  • uitgegroei — klein, jonk, jeugdig, onvolwasse, onvolgroeid
  • uitgelate — terneergedruk, treurig
  • uitgeput — vol; fluks, lewendig
  • uitgerus — moeg, tam, onbekwaam
  • uitgesproke — onuitgesproke, onseker
  • uitgestrek — klein, beperk
  • uitgeteer — vet, plomp, gevoed
  • uithaal — insit, inplaas
  • uitheems — inheems, vertroud, bekend
  • uithou — swig
  • uitjou — eer, respekteer, toejuig
  • uitkom — inkom
  • uitlander — binnelander, bekende, landgenoot
  • uitlands — bekend, binnelands
  • uitmekaar — aaneen, heel
  • uitmekaarspat — byeenkom, bymekaarkom
  • uitputting — uitgerustheid, varsheid
  • uitreis — tuisreis, terugreis
  • uitrek — verkort, inkort
  • uitskakel — inskakel, aanskakel
  • uitsondering — reël
  • uitsonderlik — gewoon, normaal
  • uitsteek — insteek
  • uitstekend — swak, derdeklas, derderangs, derdegraads, vrot, hopeloos, nikswerd
  • uitstroming — instroming, invloei, invloeiing
  • uittog — intog
  • uitverkorene — swartskaap
  • uitvoer — invoer, import
  • uitvoer — invoer, importeer
  • uitvoerbeheer — invoerbeheer
  • uitwendig — inwendig, innerlik
  • uniek — doodnormaal, doodgewoon
  • uniform — verskillend, ongelykvormig
  • universeel — lokaal, plaaslik

W

  • wa — kar, motor
  • waaghals — durfniet, papbroek, lafaard
  • waaghalsig — ongevaarlik, gevaarloos
  • waak — slaap
  • waaksaam — onoplettend, onopmerksaam
  • waar — onwaar, vals, verkeerd, onopreg
  • waaragtig — onwaaragtig, onwerklik
  • waarde — waardeloosheid
  • waardevol — waardeloos
  • waardigheid — onwaardigheid
  • waarheen — daarheen, daarnatoe
  • waarheid — valsheid, verkeerdheid, inkorrektheid
  • waarlik — nie, glad nie
  • waarneembaar — onwaarneembaar, onsigbaar, onmerkbaar
  • waarskynlik — seker, vasstaande
  • wag — gaan, deurgaan, voortgaan, vertrek
  • wakker — slapend
  • wal — dam, rivier, stroom, kanaal
  • wanbetaling — betaling, vereffening
  • wandelend — staande
  • wanhoop — hoop, moed
  • wanorde — orde, ordelikheid, ordening
  • wanordelikheid — orde, ordelikheid
  • wantrou — vertrou
  • wantroue — vertroue, geloof
  • wanvoeglik — welvoeglik, kuis
  • warboel — orde
  • warm — koud
  • warmbloedig (emosie) — koud
  • warm kleure — koue kleure
  • warmte — koue, koudheid
  • wasig — helder, duidelik
  • waterdig — deurdringbaar, deurlaatbaar, ondig
  • waterhalfrondlandhalfrond, landhemisfeer
  • waternat — kurkdroog, stofdroog
  • waterverf — olieverf
  • watervloed — droogte, uitdorring
  • watwonders — nikswerd, swak
  • wederregtelik — wettig
  • wederregtelikheid — wettigheid
  • week — hard, stewig, styf, gehard
  • weelde — armoede, eenvoud, gebrek
  • weelderig — eenvoudig, kaal, onversier, onopgesmuk
  • weerbaar — weerloos
  • weerbarstig — inskiklik, meegaande
  • weergaloos — swak, betekenisloos
  • weerhou — toelaat, deurlaat
  • weerloos — weerbaar, strydkragtig
  • weerspannig — inskiklik, meegaande
  • weerspreek — saamstem, instem
  • weerstrewig — inskiklik, meergaande
  • weetal — weetniet, domkop
  • weetniet — weetal, slimkop
  • weg — gevind, hier
  • wegdraai — indraai
  • weggee — ontvang, kry
  • weglaat — invoeg, byvoeg
  • wegsteek — openbaar, bekend maak
  • wegtrek — aantrek, intrek
  • weier — inwillig, toestem, instem
  • weifel — besluit, beslis optree
  • weinig — baie, veel
  • weldadig — onmededeelsaam
  • welgemoed — treurig, terneergedruk
  • welgesteld — arm, onbemiddeld
  • welig — yl, dun, armoedig
  • welkom — onwelkom
  • wellewend — onwellewend, onbeskaaf, ongemanierd
  • welluidend — wanklinkend, steurend
  • wellustig — kuis, rein, maagdelik
  • weloorwoë — ondeurdag
  • welsprekend — vervelig
  • welstand — siekte, teenspoed, armoede
  • welvaart — armoede
  • welvarend — onwelvarend, ongesond, arm
  • welvoeglik — onwelvoeglik
  • welwillend — kwaadgesin, vyandig
  • wen — verloor
  • wen — afleer, afwen
  • wenslik — ongewens
  • wêreld — hemel
  • wêreldlik — kerklik, geestelik
  • wêreldling — bekeerling, bekeerde, Christen
  • wêrelds — hemels, ewig, ernstig
  • werk — ledigheid
  • werkby — waterdraer, hommel
  • werkgewer — werknemer, werker, arbeider, geëmplojeerde, ondergeskikte
  • werklik — onwerklik, irreëel, abstrak, denkbeeldig
  • werkloos — werksaam, werkend
  • werknemer — werkgewer, emplojeerder
  • werksaam — werkloos
  • werksku — ywerig, vlytig, fluks
  • werktuiglik — bewustelik
  • werkwillige — staker, werkstaker
  • wesenlik — onwerklik, onwesenlik, nie— essensieel, toevallig, bykomend
  • Weste — Ooste, Oriënt
  • Westerling — Oosterling
  • Westers — Oosters, Oriëntaal
  • wetenskap — preteoretiese kennis, gesonde verstand (bedoelende "common sense")
  • wetenskaplik — onwetenskaplik, preteoreties
  • wetgewend — uitvoerend
  • wetgewende mag — uitvoerende mag, uitvoerende gesag
  • wetlik — onwettig, illegaal, onwetlik
  • wetsgehoorsaam — ongehoorsaam, ordeversteurend, oproerig, wetteloos
  • wetteloos — ordelik, gehoorsaam, wetsgehoorsaam
  • wettig — onwettig, illegaal, onwetlik, misdadig, krimineel
  • wettigheid — onwettigheid, onwetlikheid, illegaliteit, misdryf, misdaad, oortreding
  • wewenaar — weduwee
  • wild — mak, beskaaf, rustig, oorwoë
  • wildvreemd — oorbekend
  • willekeurig — bewustelik, gereël, ordelik, sistematies
  • willoos — beslis
  • wilskrag — wilswakheid, wilswakte
  • wilswakheid — wilskrag
  • winderig — windstil, stil
  • windmakerig — beskeie
  • windstil — winderig
  • winter — somer
  • winters — somers, warm
  • winterveld — somerveld, somerweiding
  • wispelturig — standvastig, onveranderlik
  • wisseling — bestendigheid
  • wisselstroom — gelykstroom
  • wisselvallig — gereeld, bestendig
  • wit — swart
  • witbrood — bruinbrood, growwebrood
  • woed — bedaar, gaan lê
  • woelig — rustig, kalm
  • woes — mak, bewerk, getem, rustig
  • woestyn — oase
  • wonderbaarlik — gewoon, doodgewoon, normaal
  • wonderlik — alledaags, gewoon
  • woonbuurt — fabrieksbuurt, winkelbuurt
  • woonkamer — slaapkamer
  • woud — vlakte
  • wraak — vergifnis
  • wreed — sag, menslik, mensliewend
  • wreedaard — goedhartige mens, meelydende mens
  • wyd — smal, nou
  • wyndruiwe — tafeldruiwe, eetdruiwe
  • wysheid — domheid, dwaasheid

Y

  • yl — dig, ondeursigtig
  • yskoud — vuurwarm

Verwysing

  1. Die Afrikaanse Kinderensiklopedie, 1959, bl. 3210, Wat beteken genie, slim, dom, imbesiel, idioot?

Sien ook

  • Sinoniem, woorde wat dieselfde betekenis het
  • Homograaf, woorde wat dieselfde spelling het, maar nie dieselfde betekenis, klankvorm of oorsprong het nie.
  • Homofoon, woorde wat eenders klink, maar waarvan die betekenis en spelling verskil
  • Homoniem, woorde met dieselfde spelling en wat dieselfde klink, maar met verskillende betekenisse

Eksterne skakels