Antonof An-24
Russiese vrag/passasiersvliegtuig
Die Antonof An-24 (Russies: Антонов Ан-24) (NAVO verslagnaam: Coke) is 'n 44-sitplek tweemotorige turboskroefaangedrewe vrag/passasiersvliegtuig wat in 1957 in die Sowjetunie ontwerp is deur die Antonof Ontwerpburo[1] en tot in 1979 vervaardig is in die Kiev-, Irkoetsk- en Ulan-Ude-lugvaartfabrieke.
Antonof An-24 | |
---|---|
Tipe | Vragvliegtuig |
Vervaardiger | Antonof |
Ontwerp deur | Antonof |
Nooiensvlug | 29 Oktober 1959[1] |
Bekendstelling | 1962 |
Status | In gebruik |
Hoofgebruikers | UTair Cargo Angara Airlines IrAero Yakutia Airlines |
Vervaardig | 1959–1979 |
Aantal gebou | 1 367 (insluitend die Chinese Xian Y-7)[1] |
Weergawes | Antonof An-26 |
Dit het vir die eerste keer in 1959 gevlieg en daar is 1 367 eenhede in verskeie variante geproduseer. In 2019 was daar nog 109 in diens wêreldwyd, meestal in die Gemenebes van Onafhanklike State en Afrika.[2]
Verwysings
wysig- ↑ Jump up to: 1,0 1,1 1,2 Gordon, Yefim. Komissarov, Dmitry & Sergey. “Antonov's Turboprop Twins”. Hinkley. Midland. 2003. ISBN 1-85780-153-9
- ↑ https://aerotransport.org/php/go.php?cprotect=1
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Antonof An-24.