Antonof An-3
Russiese veeldoelige vliegtuig
Die Antonof An-3 is 'n Sowjet (later Oekraïense en Russiese) veeldoelige vliegtuig vir gebruik in die burgerlike- en landbou-omgewing. Dit is in wese 'n turboskroefaangedrewe weergawe van die Antonof An-2, wat ontwerp is as 'n opgradering of vervanging van laasgenoemde.
Antonof An-3 | |
---|---|
Tipe | Veeldoelige vliegtuig |
Vervaardiger | Antonof |
Ontwerp deur | Antonof |
Nooiensvlug | 13 Mei 1980 |
Bekendstelling | 1990's |
Status | In gebruik |
Hoofgebruiker | Privaat landbou gebruikers |
Vervaardig | 1990's tot tans |
Aantal gebou | 25 |
Eenheidskoste | VS$ 1 500,000 |
Ontwikkel van | Antonof An-2 |
Die standaardvragweergawe (An-3T) word aangevul deur die vrag/passasiersweergawe (An-3SH), die bosbrandbestrydingsweergawe (An-3P) sowel as 'n ambulansweergawe.[1][2] Dit is ontwerp om vrag en passiers te vervoer en kan ook ongeteerde aanloopbane gebruik insluitend sneeubedekte aanloopbane van tot 35 cm dik, dan word 'n sneeulandingsonderstel gebruik.[3]
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Antonof An-3.