Apple I
Die Apple I was 'n vroeë persoonlike rekenaar en die eerste om 'n sleutelbord met 'n mikroverwerker en 'n verbinding met 'n monitor te kombineer.
Die Apple I is oorspronklik vir persoonlike gebruik deur Steve Wozniak ontwerp. 'n Vriend van Wozniak, Steve Jobs het die idee gekry om die rekenaar te verkoop. Dit is vroeg in April 1976 as Apple se eerste produk verkoop. Die verkoopprys was VS$ 666.66. Ongeveer 200 eenhede is vervaardig. Anders as ander stokperdjie-rekenaars van destyds, wat as boupakette verkoop is, was die Apple I 'n volledigsaamgestelde stroombaan met ongeveer 30 mikroskyfies. Om 'n werkende rekenaar te bou, moes gebruikers nog 'n kas, kragbron, sleutelbord en skerm byvoeg maar die rekenaar het oor poorte beskik. 'n Opsionele bord wat 'n koppelvlak vir plasing op 'n kasset voorsien, is later teen 'n prys van VS$ 75 vrygestel.
Die Apple I word soms aangedui as die eerste persoonlike rekenaar wat in 'n volledige vorm verkoop is; sommige bronne verwys egter na ander masjiene, soos die Datapoint 2200, as die eerstes.
Die gebruik van 'n sleutelbord en monitor was kenmerkend aan die Apple I. Mededingende toestelle soos die Altair 8800 is oor die algemeen geprogrammeer met skakelaars wat aan die voorkant gemonteer is, en gebruik ligte (gewoonlik LED's) vir hul uitset, en moes met bykomende hardeware uitgebrei word om verbindings met sleutelborde en monitors moontlik te maak. Dit het van die Apple I 'n innoverende toestel gemaak, ondanks die gebrek aan grafika en klank. Produksie is in Maart 1977 gestaak, toe die toestel deur die Apple II vervang is.
Aan die einde van die vorige millennium het daar ongeveer 30 tot 50 Apple I's bestaan, wat hulle versamelstukke maak. In 2000 was die waarde van 'n Apple I op tussen $ 14 000 en $ 16 000 beraam. In November 2010 is 'n Apple I op 'n veiling vir meer as € 175,000 te koop aangebied. In Junie 2012 is 'n werkende Apple I in New York vir € 295 900 verkoop. 'n Sagteware-versoenbare kloon van die Apple I, gemaak met moderne komponente, is in 2003 in beperkte hoeveelhede vrygestel teen 'n prys van ongeveer VS$ 200. Op 25 Mei 2013 word € 516 461 op 'n veiling in Keulen deur 'n anonieme koper uit Asië betaal vir een van die laaste ses werkende Apple I-rekenaars wat destyds bekend was.
Spesifikasies
wysigSentrale verwerkingseenheid (CPU): MOS Technology 6502 teen ongeveer 1 MHz
Ewetoeganklike geheue (RAM): standaard van 4 kB, uitbreibaar tot 8 kB aanboord, of tot 48 kB deur uitbreidingskaarte (produkte van derde partye)
Grafika: 40 × 24 karakters, geïmplementeer met hardeware-blaai
Bronne
wysigOwad, Tom (2005). Apple I Replica Creation: Back to the Garage. Rockland, MA: Syngress Publishing. ISBN 1-931836-40-X.
Eksterne skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Nederlandse Wikipedia vertaal.