Arctotheca marginata
plantspesie
Arctotheca marginata is 'n plant wat hoort tot die genus Arctotheca. Die spesie is endemies aan Noord-Kaap en kom op die Bokkeveldberge-eskarp naby Nieuwoudtville voor waar dit deel van die fynbos is. Daar is twee subpopulasies op een plaas en dit word bedreig deur oorbeweiding en die onttrekking van grondwater.
Arctotheca marginata | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Asterales |
Familie: | Asteraceae |
Genus: | Arctotheca |
Spesie: | A. marginata
|
Binomiale naam | |
Arctotheca marginata Beyers, (2002)
|