Rooipensreier
(Aangestuur vanaf Ardeola rufiventris)
Die rooipensreier is 'n waadvoël wat inheems is aan die tropiese en subtropiese streke van Afrika suidwaarts van die ewenaar. In Suider-Afrika is dit 'n skaars somerstandvoël en besoeker. In Engels staan dit as die rufous-bellied heron bekend.
Rooipensreier | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. rufiventris
|
Binomiale naam | |
Ardeola rufiventris | |
verspreiding |
Identifikasie
wysigDie rooipensreier is 'n bonkige, donkergekleurde reier met 'n lengte van 58 cm. In nie-broeidrag het volwassenes 'n geel snawel (met grys bo-mandibel), geel gesigvel en pote. In die nesmaaktyd word die gesigvel, snawel en pote koraalpienk. Jonges se rugvere het vaalgeel rande.
Habitat
wysigHulle is skugter alleenlopers wat afgesonderde waters met ruie oewerplantegroei verkies. As hy opgejaag word, vlieg hy in 'n boom in, of duik in ruie plantegroei weg.
Verspreiding
wysigEndemies aan Suider- en Sentraal-Afrika.