Arend van der Veen
voorman van die messelaars met die bou van Kerkplein (1809-1882)
Arend Johannes van der Veen (14 Januarie 1809 [1] - 23 Februarie 1882[2]) was 'n Nederlandsgebore messelaar en voorman van die messelaars met die bou van Kerkplein, Pretoria.[3] 'n Koerantartikel van die 1850's beweer dat hy met die skip Estafette in Suid-Afrika aangekom het.[4] Sy seun, Willem van der Veen, was een van die eerste inwoners in Strubenstraat. Arend was die buite-egtelike seun van Berendina van der Veen. Arend was ook een van die Van der Veen- stamvaders in Suid-Afrika.
Arend van der Veen | |
---|---|
Gebore | 14 Januarie 1809 Brummen, Gelderland, Nederland |
Sterf | 24 Februarie 1882 (op 73) Pretoria-Sentraal, Transvaal, Suid-Afrika |
Eggenoot | 1. Janna Bierhof 2. Catharina Johanna Liefferink 3. Kaatje Vonke 4. Sarah Grimett |
Kinders | Bernardus Johannes van der Veen Willem van der Veen Berendina Johanna Bannink (Van der Veen) Hendrik Jan van der Veen |
Ouer(s) | Berendina van der Veen |
Verwysings
wysig- ↑ Van der Veen, Arend Johannes. "Open Archives". Open Archives, Netherlands.
- ↑ Van der Veen, Arend Johannes. "Letter Memories". Letter Memories.
- ↑ Van der Veen, Arend. "Letter Memories". Letter Memories.
- ↑ Van der Veen, Arend Johannes. "Letter Memories".