Arnt Leonard Thesen
Arnt Leonard Thesen (1816 - 1875) en sy familie het in 1869 uit Noorweë in Suid-Afrika aangekom met 'n skoener, die Albatros. Na die noodlot hulle getref het, het hulle in Knysna gevestig geraak; hulle eindbestemming was aanvanklik Nieu-Seeland. Hy het 'n maatskappy Thesen & Co gestig en gou welvarend geraak deur sy houtverwerkings en skeepsbou bedrywighede. Die houtverwerkingsaanleg was op Theseneiland in die strandmeer gevestig. Hy het ook 'n skeepredey bedryf wat hy in 1921 aan die Houston-redery verkoop het. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die skeepbou-aanleg 34m motorbote en 600 ander kleiner vaartuie vir die Britse Vloot gebou. Die seiljagte Voortrekker en Albatros II is ook hier gebou. Beide het deelgeneem aan die Kaap-na-Rio seiljag vaart. Die Albatros II het in 1971 die wedvaart op voorgee gewen onder beheer van John Goodwin. Die maatskappy Thesen & Co is in 1974 verkoop aan 'n Johannesburgse maatskappy. Sy dogter, Blanka, was Francis William Reitz, president van die Oranje-Vrystaat se eerste vrou.