Aspalathus abbottii
plantspesie
Aspalathus abbottii is 'n plant wat hoort tot die genus Aspalathus. Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal en kom in Pondoland op die Oribi-vlakte voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 1 km² en daar is drie subpopulasies. Dit het reeds habitat afgestaan aan suikerrietplantasies en word ook bedreig deur indringerplante en onbeheerde veldbrande.
Aspalathus abbottii | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | A. abbottii
|
Binomiale naam | |
Aspalathus abbottii C.H.Stirt. & Muasya, (2011)
|