Aspalathus acanthophylla

plantspesie

Aspalathus acanthophylla is 'n plant wat hoort tot die genus Aspalathus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die renosterveld-plantegroei. Dit kom van Hopefield tot by Tygerberg voor en het 'n voorkomsgebied van 1 350 km² en daar is nege subpopulasies. Die plant het reeds 70% van sy habitat die afgelope 70 jaar aan gewasverbouing afgestaan, veral by Malmesbury en Durbanville. Indringerplante en onbeheerde veldbrande is 'n bedreiging.

Aspalathus acanthophylla
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Tribus:
Genus:
Spesie:
A. acanthophylla
Binomiale naam
Aspalathus acanthophylla
Eckl. & Zeyh., (1836)
Sinonieme
  • Achyronia chamissonis (Vogel) Kuntze
  • Aspalathus chamissonis Vogel

Galery

wysig

Bronne

wysig