Aspalathus truncata
plantspesie
Aspalathus truncata is 'n plant wat hoort tot die genus Aspalathus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van die Watervalberge naby Tulbagh tot by die Slanghoekberge, suid van Bainskloof voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 250 km² en daar is vier subpopulasies. Die spesie word as seldsaam beskou, die populasie is stabiel. Dit is deel van die fynbos.
Aspalathus truncata | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | A. truncata
|
Binomiale naam | |
Aspalathus truncata | |
Sinonieme | |
|