Aspalathus wurmbeana
plantspesie
Aspalathus wurmbeana is 'n plant wat hoort tot die genus Aspalathus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die renosterveld-plantegroei. Dit kom van Gifberg tot by die Paarl voor en het 'n voorkomsgebied van 1550 km². Die plant het groot gedeeltes van sy habitat afgestaan aan die aanlê van wingerde, sitrus-boorde en rooibostee. Die oorblywende ses subpopulasies word ook nou bedreig deur indringerplante.
Aspalathus wurmbeana | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | A. wurmbeana
|
Binomiale naam | |
Aspalathus wurmbeana E.Mey., (1836)
| |
Sinonieme | |
|