Astolbos

plant spesie

Die astolbos (Leucadendron meridianum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom van die Kaapse Skiereiland tot by Potberg en Riviersonderend.

Astolbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Leucadendron
Spesie:
L. meridianum
Binomiale naam
Leucadendron meridianum
I.Williams, (1967)

Die struik word 2.0 m hoog en blom in Junie. Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na die grond na 'n brand en word deur die wind versprei, die sade het vlerkies. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur klein kewers bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in sanderige grond op hoogtes van 0 - 1 000 m. Dis 'n kalksteenfynbosspesie wat kommersieel geoes word.[1]

In Engels staan dit as die Limestone conebush bekend.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. Jonkershoek Heydenrych, B., Burgers, C. and Cape Nature Conservation. "Limestone fynbos". Veld & Flora. 80 (3).{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)

Bronnelys

wysig