Astrologiese aspek
In astrologie is 'n aspek 'n hoek wat planete met mekaar vorm in die horoskoop, sowel as die assendant, midhemele, desendant, laer midhemele en ander punte van astrologiese belang. Soos van die aarde af gesien, word aspekte gemeet deur die hoekafstand in grade en minute van ekliptiese lengtegraad tussen twee punte. Volgens die astrologiese tradsisie dui hulle die tyd van oorgange en veranderings aan in die lewe van mense en in gebeure.
'n Voorbeeld is wanneer 'n astroloog 'n geboortekaart vir iemand opstel wat wys die hoekafstand tussen Mars en Venus is 92° ekliptiese lengtegraad. Dan word gesê die kaart het die aspek "Venus vierkant Mars" met 'n sfeer van 2° (dit is dus 2° verwyder van 'n presiese vierkant; 'n vierkant is 'n aspek van 90°). Hoe presieser 'n aspek is, hoe groter invloed het dit na bewering op die vorming van die persoon se karakter of op die verandering gehad.[1]
Met geboortekaarte kan ander tekens belangriker wees as die sonteken. 'n Ram kan byvoorbeeld verskeie planete in die Kreef of Visse hê, en die laaste twee tekens sal dus invloedryker wees.
Verwysings
wysig- ↑ "The Aspects". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2014. Besoek op 30 Oktober 2016.
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Astrologiese aspek.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.